Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 44

JAG Beste koeëlkeuse vir 'n jaggeweer Met die 2018 jagseisoen wat verby is, is baie skuts besig om te beplan aan volgende jaar se jagseisoen.  Deur Jan-Lodewyk Serfontein Verkoopsklerk: Hinterland Wapens, Kroonstad en Jagkenner M et die toetrede van Hornady se ELD-reeks koeëls, is daar weer van nuuts af vrae rond­ om verskillende koeëls en elkeen se verskille en voordele. Om die vrae nog meer te maak is Nosler se nuwe 42 SENWES SCENARIO | SOMER 2018 RDF-koeëls ook nou beskikbaar in Suid- Afrika. Al die vrae rondom nuwe en beter koeëls kan ons dae lank besig hou. Laat ons ’n paar eienskappe van koeëls bespreek en hopelik help dit om volgende jaar se skiet en jag nog beter te maak as dié jaar se uitstappie. In Suid-Afrika is daar ’n groot verskei­ denheid van goeie koeëls beskikbaar. Van hulle word in Suid-Afrika vervaardig, maar meeste van hulle word ingevoer. Aangesien ons koeëls vir verskillende doeleindes gebruik, is daar ’n wye spek- trum koeëls beskikbaar. Kom ons kyk na ’n paar aanwendings van koeëls en wat die beste koeël sal wees vir die gebruik. Teikenskiet is die grootste gebruiker van koeëls. As gevolg van die aanwen­ ding van die koeëls moet die vervaar- digers hul akkuraatste koeël ontwerp 44