Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 39

LANDBOUKUNDIG PRODUKSIEVEREISTES Klimaatsvereistes: Die pekanneutboom is goed aangepas vir sub-tropiese gebiede. Lae temperature en selfs ryp gedurende Junie tot Augustus is nodig vir suksesvolle knop- en blomvorming. Die gemiddelde maandelikse minimum temperatuur gedurende die somer moet tot bo 16 °C styg, maar moet tot laer as 8 °C in die winter daal. Humiditeit en reënval: Hoë humiditeit en reën- val is ideaal. Grondvereistes: Die pekanneutboom presteer die beste in vrugbare, goed dreinerende, diep grond met ’n los tot medium tekstuur. Kultivars: Ten einde pekanneute suksesvol en winsgewend te produseer, is dit belangrik om kultivars van ’n hoë standaard met betrekking tot aanpasbaarheid in ’n gebied, siekteweer- stand, produksie, vrugpersentasie, neutgrootte en -vorm, voorkoms en smaak van die vrug te plant. Grondvoorbereiding: Die grond moet min- stens 2 m diep wees. As die grond ’n hoë suurinhoud het, mag intensiewe kalktoediening nodig wees. Oes: Afhangend van die gebied, word pekan- neute gewoonlik ryp tussen April en Julie. Sodra die neut fisiologies ryp is, word die groen dop droog, kraak oop en die neut val uit. Besproeiing: Reënval in Suid-Afrika is dikwels onvoldoende en voldoen nie aan die waterbe- hoeftes van pekanneutbome vir optimale pro- duksie nie. Addisionele besproeiing is gewoon- lik nodig tydens die kritiese groeistadium. SENWES SCENARIO | SOMER 2018 37