Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 36

NUUS Senwes Toekomsfokus vier 15 glorieryke jare Die toekoms is vandag binne jouself toegevou Dit was omtrent soos om in ’n kristalbal na die toekoms te kyk tydens die 15de jaarlikse Senwes Toekomfokusdag wat op Woensdag, 5 September 2018 by Nampo Park naby Bothaville plaasgevind het.  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur E n anders as wat jy mag dink, het hierdié kristalbal die vinger egter terug na jou gewys, waar per- soonlike ontwikkeling die groot sleutel tot sukses is. Jannie de Villiers, Bestuurshoof van Graan SA, het dadelik die bal vasgevat: “Wees braaf, wees dap- per en wees leerbaar,” het hy gesê. Thabo van Zyl, produsent en nie-uit- voerende direkteur van Senwes, het die bal selfs figuurlik verder gegooi en landbou met ’n spansport vergelyk en gesê: “Solank jy saam met B-span spe­ lers speel, speel jy soos ’n B-span speler. Omring jouself dus met A-span mense en instansies en jy sal soos ’n A-span speler besigheid doen.” Soos in enige sport het jy ook nie beheer oor alle aspekte nie. Brian Angus, die pionier wat die Japanese Wagyu- ras na SA gebring het, het bygevoeg: “Ignoreer die aspekte waaroor jy nie beheer het nie. Jongboere moet nie skroom om te plant en steeds positief te wees oor grond en grondkwessies nie. Voedsel moet geproduseer word.” Op die einde kom dit neer op jou goeie aspekte soos die direkteur van die Peritum Groep, Emmie Pietersen noem: “Vra jouself net eenvoudig die volgende vraag: Wat is my vier of vyf talente wat ek positief kan 34 SENWES SCENARIO | SOMER 2018 aanwend? En verbeter daarop”. Thabo van Zyl het hierby gevoeg: “As jy nie weet waar jou eie sterk- en swak- punte is nie, sal jy nie weet met wie om jou te omring om die gapings aan te vul nie.” “Dit gaan hier nie net om positief te wees nie, doen dinge omdat jy dit wil doen (passie), nie omdat jy dit moet doen nie,” het Phillip Retief, Hoof Uitvoerende Beampte van Van Loveren uitgelig. Aan die einde het dit aan die lig gekom dat daar nie slegs een resep is om te volg nie en daar meer as een regte antwoord is. “Maak dus vandag die keuse om eer­ der die wind te gebruik om ’n meule te bou as ’n windskerm. So kan jy meer van ’n verskil maak,” het dr. René Uys, Direkteur van Thinking Fusion AFRICA, verduidelik. Senwes Hoof Uitvoerende Beampte, Francois Strydom, het tydens sy openings­ toespraak genoem: “Geleenthede en risiko is dieselfde ding, maar dit sit aan weers­kante van dieselfde munt.” Daarby het hy ook ’n waarskuwing gerig: “Moenie in die wal vaskyk waarin jou buurman of die media vaskyk nie. Suid-Afrika behoort aan ieder en elkeen van ons. So, kom ons maak ’n sukses daarvan.” Dit is beaam deur Deon Bergh, Graan SA bestuurslid, wat gesê het dat die manne moed moet hou! Al die gaste en sprekers het groot lof vir Senwes gehad vir die unieke geleent­ heid om saam met jongboere en kenners te kon kuier. Voorwaarts mars na die vol- gende 15 jaar, Senwes Toekomsfokus! Daar was ook ’n paar wen­ ners tydens vanjaar se Senwes Toekomsfokusdag. JP van den Berg het weggery met ‘n splinter­ nuwe John Deere Ride-on E110 grassnyer, die eerste prys in die gelukkige trekking. Louis van der Westhuizen het die tweede prys gewen, ‘n R10 000 koopbe­ wys, geborg deur Hinterland en Giepie Rossouw het die derde prys opgeraap - ’n Certisure pro­ dukprys ter waarde van R5 000. Hier oorhandig Ferdie Pieterse (Uitvoerende Bestuurder: Senwes Equipment) die eerste prys aan JP van den Berg.