Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 35

LANDBOUKUNDIG HET JY GEWEET?  Die klein knoppies aan die buitekant van die aarbei is sade - ’n gemiddelde aarbei het 200 sade, wat dit een van min soorte vrugte maak wat saad aan die buitekant het.  Aarbeie word nie verder ryp nadat dit gepluk is nie.  Om seker te maak dit bly vars, moenie die groen kappies was of verwyder voordat dit gebêre word nie. Was dit eers net voor jy dit eet.  Aarbeie groei goed in goed gedreineerde grond met ’n hoë vlak van organiese stowwe.  Aarbeie is meerjarige plante wat vir tot 5 jaar lank vrugte kan dra. PRODUKSIEVEREISTES Klimaatsvereistes: Groei die beste in gemid- delde klimaat. Dit is ’n kortdagplant, wat sowat 10 dae blootstelling van minder as 8 ure son- skyn benodig om blomvorming te verseker. Besproeiing: Benodig gereelde maar minder water met elke besproeiing. Grond: Die plante moet in die grond geplaas word met hul wortels reg na onder. Die grond rondom die plant moet stewig gepak word om lug uit te skakel. Liberale hoeveelhede orga­nise mis moet ingewerk word voor daar geplant word. Opbrengs: ’n Opbrengs van 20 ton 25 ton per hektaar is uitstekend, alhoewel opbrengste van tot 50 ton per hektaar gerapporteer is onder ideale toestande. Oes: Daar moet daagliks en vroegoggend in droë toestande geoes word. Aan­gesien die vrugte hoogs bederfbaar is, word dit in plat houers in een of twee lae verpak. SENWES SCENARIO | SOMER 2018 33