LANDBOUKUNDIG
Nismark
Aarbeie
Hoe helderder die vrug, hoe soeter die sap
Die veelsydige aarbei word deur baie mense wêreldwyd geniet. Of dit nou op ’n stapel
pannekoeke is, met room of selfs roosterbrood met aarbeikonfyt, dit kan maklik ’n
gunsteling word.
Deur Mbali Skosana
Senwes Gegradueerde
A
arbeie, bekend vir hul helder-
rooi kleur, sappige tekstuur
en soetheid, is oorspronklik in
Rome gekweek en is nou die
mees populêre bessie in die wêreld. ’n
32
SENWES SCENARIO | SOMER 2018
Aarbei word nie verder ryp na dit gepluk
is nie.
Aarbeie word in Gauteng, Vrystaat,
Kwazulu-Natal en die Wes-Kaap in Suid-
Afrika gekweek. Dit is egter belangrik
dat dit in Gauteng en die Vrystaat vanaf
Februarie tot Maart geplant word, in
Kwazulu-Natal vanaf Maart tot Junie en
in die Wes-Kaap vanaf Maart tot Mei.
Die aarbeie moet so vroeg as moontlik
gedurende dié tye geplant word, aange
sien die mate van groei voor die winter
die produksiepotensiaal sal bepaal.
Aarbeie word gewoonlik in dubbelrye
met tussenry- en diagonale spasiëring
geplant. Die spasiëring kan egter anders
wees, afhangend van die beskikbare spa-
sie en klimaat.
Plante moet nie te dig opmekaar
geplant word nie aangesien dit die ideale
toestande sal skep vir peste en siektes,
wat ook die oes van die vrugte sal affek-
teer. Plante kan ook in planthouers of
gebruikte motorbande geplant word en in
sonnige areas geplaas word.
Die Selekta en Chandler variëteite is
die mees gewilde variëteite in Suid-Afrika.
Beide is geskik vir die varsproduktemark.
Die Selekta-tipe is lank en wigvormig, rooi
in kleur, het ’n aantreklike glans en 'n hoë
suikerinhoud, terwyl die Chandler-tipe
ferm is met ’n kenmerkende aarbeigeur en
’n hoë suikerinhoud.
Volgens die Suid-Afrikaans Kwekers
vereniging, bevat aarbeie baie vitamines,
vesel en hoë vlakke van antioksidante.
Hulle is vetvry, cholesterolvry en laag in
kalorieë. ’n Enkele porsie, sowat agt aar-
beie, bevat meer vitamine C as 'n lemoen.
Somersdae is vir pieknieks langs die
rivier - hoekom nie sommer ook aarbeie
pluk nie? Daar is verskeie aarbeiplase in
Suid-Afrika waar jy aarbeie kan pluk vir
jou piekniekmandjie of ’n aarbei-smoothie
by hul koffiewinkels kan geniet.