Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 32

NUUS Senwes trots om deel te wees van die eerste Nampo Kaap Natuurskoon in Bredasdorp! Die weer was waarlik Kaaps- geïnspireerd tydens die eerste Nampo Kaap in 2018. Senwes en twee van sy gesamentlike ondernemingsvennote, Hinterland en JDI, was trots om deel te wees van die eerste Nampo Kaap Landbou-ekspo wat vanaf 12 tot 14 September 2018 by Bredasdorp Park in die Overberg gehou is.  Deur Marlon Abrahams Senwes Scenario Hoofredakteur S enwes was ook die hoofborg van Suid-Afrika se voorste land- bougespreksprogram, Nasie in Gesprek, wat lewendige uitsendings van besprekings oor land- bou-aspekte vanaf Nampo Kaap gedoen het. Nampo Kaap is die suster-skou van die Nampo Oesdag, wat jaarliks naby Bothaville in die Vrystaat gehou word. Die landboufees word beskou as die grootste geleentheid op die SA landboukalender en het vanjaar meer as 80 000 besoekers gelok. Verwagtinge van Graan SA organi- seerders dat die Kaapse weergawe meer as 10 000 besoekers sal lok, is oortref toe meer as dié getal mense die skou oor die drie dae besoek het. JDI se BD, Emilius Tomlinson, sê die geleentheid het sy verwagtinge oortref. “Ons het ’n rekord omset in terme van John Deere speelgoed en klere gehad en groot belangstelling in ons John Deere en JCB toerusting is geregistreer. Ek wil graag die organiseerders geluk wens met ’n uitstekende skou en wil hulle verseker dat JDI volgende jaar terug sal wees by Nampo Kaap, selfs groter en beter!” Nieteenstaande die winderige weer, het plaaslike en internasionale besoekers in hul hordes opgedaag en daar was meer besoekers op die eerste dag as tydens die hele skou verlede jaar, toe dit nog deur ander organiseerders bestuur is. Nasie in Gesprek se onderwerpe van Die paneellede tydens die eerste sessie van Nasie in Gesprek. Hier is Francois Strydom (Senwes Groep HUB en Agbiz Voorsitter), Chris Burgess (Redakteur van Landbouweekblad). Theo Vorster (Gespreksleier) sowel as Alan Winde (Minister van Ekonomiese Sake) en André Uys (HUB van Acorn Agri & Food Group en Overberg Agri). 30 SENWES SCENARIO | SOMER 2018 bespreking was: • Hoe skep ons nuwe energie in landbou? • Die rol van intensiewe lewendehawe- boerdery in volhoubare vleisproduksie (fokus op skape). • Wat hou die toekoms in vir alle belang- hebbendes in die garsbedryf? • Opleiding en opleidingsfasiliteite in land- bou, konsolidasie of spesialisering? • Jeugfokus. Besoek die Nasie in Gesprek webtuiste by www.nasieingespre.co.za om die volledige programme te kyk. Aanbieder Theo Voster het hulde gebring aan Nampo Kaap en die sukses daarvan en gesê dat “Nasie in Gesprek hier is om te bly (by Nampo Kaap). Nieteenstaande die weer, was die gees fenomenaal!” Emilius Tomlinson (JDI Besturende Direkteur) en Francois Strydom (Senwes Groep HUB en Agbiz Voorsitter) tydens Nampo Kaap 2018.