AREAFOKUS
In Bultfontein staan die
gemeenskap saam
‘n Klein pomphuisie maak
‘n groot verskil!
Die 9-meter watertenk met ‘n
kapasiteit van 127 000 liter water.
Boeregemeenskappe sal weet dat water lewe is en immers die katalisator is wat daarvoor
verantwoordelik is om kos op alle landsburgers se tafels te plaas. Maar in Bultfontein
staan gemeenskappe mekaar ook by, soos wat by Senwes Grainlink se Bultfontein Silo
en Hoërskool Bultfontein die geval is.
Deur Aubrey Kruger
Senwes Scenario Redakteur
W
ater is maar ’n skaars kom-
moditeit in dié Vrystaatse
dorpie, veral omdat sekere
dele van die dorp se boor-
gatwater ’n hoë swaelinhoud het en muni-
sipale water ook ’n gat in jou inkomste kan
maak. Maar by Bulfontein silo is die boor-
gatwater gelukkig sterk en silwerskoon.
Oplossing en ’n probleem terselfdertyd
gevind. Skoon water, maar met die silo net
buite die dorp en die skool in die dorp,
moes afstand oorbrug word.
Tot en met 2015 het dit maar ’n
geswoeg en gesweet gekos om die
sportvelde van die hoërskool lewend
te hou. Maar danksy Senwes, die skool
se beheerliggaam asook die hele
gemeenskap is ’n oplossing mos ’n pro-
dusent se kos. Voorsitter van die beheer-
liggaam, Fanus van Jaarsveld, vertel dat
almal hand bygesit het om water vir die
sportvelde te verseker.
Die afstand is oorbrug met ’n 50 mm
pyp wat nie minder nie as 1,7 kilometer ver
strek, van die silo al langs die treinspoor, af
26
SENWES SCENARIO | SOMER 2018
met Dickensstraat, regs in Marquardstraat
en dan weer af, tot op die hoek van Paul
Winter- en Skoolstraat. Twee damme, een
van 9 meter by die koshuis en een van 6
meter by die sportveld, met ’n kapasiteit
van 127 000 en 56 000 liter onderskeidelik
is volgemaak.
Senwes verskaf die water, pomp en
krag en danksy flinke samewerking van
die Tswelopele Munisipaliteit, veral die
hoof van die tegniese afdeling, Kobus
Keyser, was die projek geslaagd en
sedertdien kan sport ook hoogty vier. Met
twee TLB’s wat verskaf is om die slote van
1 meter tot 1,5 meter diep te grawe, kon
die broodnodige water twee weke later
die skool bereik.
Van Jaarsveld noem dat die skool en
sport geweldig hierby gebaat het. “Elke
seisoen moes ons feitlik van voor af begin
met die sportvelde, met kolle gras wat
weer moes toegroei,” vertel hy. Die skool
se velde is volgens hom nou ook van die
heel beste in die omgewing omdat dit
nie meer onder stres is nie. Die leerlinge
baat ook om op goeie grasperke hul
sport te beoefen soos hy spog dat die
eerste rugbyspan vanjaar tweede in die
Sandveldliga geeïndig het, met skole soos
Hoopstad, Wesselsbron, Theunissen,
Welkom High asook Kroonstad se
Blouskool wat onder meer teen mekaar
meeding. Die 25 meter swembad word
ook opgevul vir die skool se opkomende
swemsterre wat hier gekweek kan word.
Silobestuurder Ina Strauss neem my
na die klein pomphuisie met die boorgat-
pomp aan die anderkant van die silo. En
om te dink dat die klein pomp so ’n groot
verskil kan maak! Sy verklaar dat dit vir ’n
baie goeie doel aangewend word en ook
‘n groot pluspunt vir die skool is.
So staan die gemeenskap, produsente
en landboumaatskappye saam om die
inwoners, hul produsente en kinders
te help. Dit is maar slegs een van die
postiewe verhale in Bultfontein. Die skool
se sportveld en koshuis heet nie verniet
Carpe Diém Park en Huis Carpe Diém nie.
Maak die beste van elke geleentheid en
gee ’n bietjie aandag aan wat die toekoms
vir ons kan bring. Welgedaan Bultfontein,
ons neem ’n bladsy uit julle boek.
*Vertel vir ons jou opbouende storie van hoe
landbouers en die gemeenskappe in jou
omgewing saamwerk deur Aubrey Kruger te
kontak by [email protected].