Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 21

LANDBOUKUNDIG 17 | Vaalrivier-besoedeling GRONDLEWE Die nuwe afdeling by SGS laborato­ rium ontleed die mikrobiese aktiwi­ teite in die grond. Die verslag dui aan tot watter mate mikrobiese akti- witeite in u gronde, kan bydra daar- toe om nutriënte beskikbaar te stel aan die aangeplante gewas. Baie nutriënte is vasgelê oor jare en kan weer beskikbaar gestel word. Met dieselfde analise word totale koolstof (voedingsbron vir mikrobe) asook vasgelegde organiese N, ontleed. Pas oopgemaakte grondprofiel en die impak van slikopbouing in die bogrond op waterinfiltrasie is baie duidelik sigbaar. • Vegetatiewe groei van gewas raak problematies in verhouding tot produksie. GRONDSTIKSTOFANALISES Kunsmis is ’n baie duur insetproduk en afhangend van u bewerkings­ praktyke (konvensioneel versus geenbewerking), voorafgaande seisoene se bemestingshoeveelhede in balans met dit wat u verwyder het met opbrengs, beïnvloed dit onder andere die oordraagbare stikstof in die grond. Daar word aanbeveel dat u dit elke seisoen voor planttyd ernstig oorweeg om u gronde vir NO3- sowel as NH4+ te laat anali- seer. Huidige analises vir kliënte in die sentrale produksiegebied toon beskikbare N vlakke in die boonste 40 cm tussen 20 kg/ha N – 150 kg/ ha N. Teen R12-R15 per kg N, kan dit ’n groot impak op u insetkoste hê. Onthou, stikstof kan u grootste vriend, maar ook u grootste vyand wees as dit kom by strooptyd. KUNSMISANALISES Dit is altyd ’n goeie praktyk om kuns­ mis te laat analiseer ter bevestiging dat dit waarvoor u betaal het, wel in die hoeveelhede teenwoordig is. Wanneer moontlike nutriënttekorte op gewasse waargeneem word, is daar alreeds produksieskade, so maak dit deel van u beplanning om periodiek te laat analiseer. BLAARONTLEDINGS As daar een ding is wat ons onder­ vinding as landboukundiges ons leer, is dit om eerder meer gereeld gedurende die groeiseisoen blare te laat ontleed, sodat ons beter inligting het om op te reageer gedurende die groeiseisoen. Nabetragting wanneer klaar gestroop is, word ook as goeie verwysing gebruik om veranderinge aan te bring aan die bemestings­program vir die komende seisoen. Daar word ook aanbeveel dat die droë blaaranalises metodiek gevolg word omdat norme op ver- skilllende groei­stadiums baie goed gedokumenteer is in die verband. Tweeweeklikse NDVI beelde word gebruik om inspek­siepunte te identifi- seer vir ’n meer verteenwoordigende aanbeve­ling. Vinnige draaityd by SGS labora­torium is van kardinale belang om korrektief op te tree. partikels los te maak van die koolstof.  “Bacteria bioremediation” Navorsing het in New Delhi getoon dat om ge­bruik te maak van biologiese produkte, besoedeling uit water ekonomies verwyder kan word. Baie goeie resultate is reeds binne twee maande verkry. Dit is ’n proses waar mikro- organis­mes, wat natuurlik in grond gevind word, gebruik word om die kontaminasie in water en grond te verteer. Die mikro-organismes verteer die chemikalieë en verander dit in water en onskadelike gasse, soos byvoorbeeld koolsuur- gas. Die tempo van vertering kan verhoog word deur die byvoeging van suurstof en nutriënte wat bydra tot die groei en toename van die mikro- organismes. Dit is ‘n baie effektiewe en natuurlike proses wat geen chemikalieë benodig nie.  Benutting van plant- en boomwortels Die wortels van plante en bome kan besoe­­deling, soos metale, onkruiddoders en olie, uit grond en water verwyder. Wanneer wortels water en voedingstowwe opneem, neem dit ook die chemi- kalieë op wat dan in die wortels, stamme en blare gestoor word. Die plante kan dan die chemikalieë omskakel in gasse wat vrygestel word soos die plant transpireer. Die plantaardige materiaal is dus nie aanwendbaar vir dierlike gebruik nie. Daar is van die metodes wat bekostigbaar is in­ dien die verbruiker die nodige infrastrukture skep buite die besoedelde waterbron. Die doel is nie hier om die water na drinkwaterstandaarde te suiwer nie, maar wel om dit te laat voldoen aan die vereistes neergelê vir besproeiingsdoel­eindes. Die besmettingsverhouding van E-coli sal natuurlik afneem in die reënseisoen, maar dit gaan belangrik wees dat wateront­ledings gereeld gedoen moet word om die E-coli vlakke te moni­ tor. Hinterland beskik oor die kundigheid om met die ontwerp van eksterne strukture, van die boge­noemde prosesse buite die besoedelde bron in plek te plaas. Hinterland het ook die ondersteuning van eksterne spesialiste, byvoor- beeld in filtrering, om die uitdagings die hoof te bied. SENWES SCENARIO | SOMER 2018 19