LANDBOUKUNDIG
SGS Laboratoriumdienste
Ondersteuning van beter beplanning en bestuur
voor en tydens plantseisoen
Laboratoriumanalises kan heelwat waarde toevoeg tot u bestuursbesluite voor die plant-
seisoen. SGS se grondlaboratorium kan u bystaan met hierdie analises ten opsigte van
waterkwaliteit, grondstikstof, grondlewe, kunsmis en blaarontledings.
Deur Cobus Burger
SGS NviroCrop: Besigheidsbestuurder
S
GS NviroCrop se grondlabora
torium kan help met u bestuurs-
besluite gedurende en net voor
die groeiseisoen.
die komende seisoen beter te bestuur.
Van ons produsente wat boorgate
gebruik vir besproeiing, se watersoutin-
dekse het begin styg en die impak op die
gewas word duidelik sigbaar wanneer die
groeiseisoen redelik ver gevorder is en
skade reeds aangerig word.
WATTER DIENSTE BIED DIE
LABORATORIUM?
Waterontledings
Ons is almal bewus daarvan dat baie
van ons produsente se waterkwaliteit in
besproeiingskemas besig is om te ver-
swak en dat dit sodoende ’n negatiewe
impak begin uitoefen op produksie. Deur
u waterkwaliteit vir besproeiingsdoe-
leindes te laat analiseer, kan beter beplan
word om die moontlike nadelige impak vir
18
SENWES SCENARIO | SOMER 2018
Chlorose op aartappels weens hoë soutin
houd in besproeiingswater.
Skade weens hoë soutinhoud kan beter
bestuur word indien vooraf beplan word
daarvoor, deur bemestings- en besproei-
ingstrategieë te verander.
Van ons groot riviere se slikinhoud is
aan die styg, saam met nutriënte soos
nitraat, stikstowwe, ens. Die aanhoudende
gebruik van die besproeiingswater veroor-
saak produksieprobleme en dit kan vroeg-
tydig aangespreek word. Soos slik toeneem
in die bogrond, bereik ons veral op meer
sanderige gronde ’n punt waar bogrond
slik en klei hoër raak as die grond horison-
taal direk onder dit. Die netto gevolg is:
• Swakker waterinfiltrasie;
• Swakker bogronddeurlugting;
• Opbou van grondgedraagde siektes;
• Wanbalanse van nutriënte teenoor
mekaar;
• Oneffektiewe besproeiingskedule;