Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 18

LANDBOUKUNDIG Vaalrivier-besoedeling by KRISISPUNT Hoe kan besproeiingsprodusente die gehalte van die water verbeter? Die Vaalrivier se besoedelingsvlakke het ʼn krisispunt bereik volgens ʼn verslag wat onlangs deur Rand Water bekendgestel is. Die hoë E-coli-vlakke skep ernstige probleme vir produsente wat die reg het om water uit die Vaalrivier en opvangsgebied te onttrek. Maar hoe kan die besproeiingsprodusent die gehalte van sy toegekende water verbeter sodat dit aan aanvaarbare norme voldoen om dit vir besproeiing en vee aan te wend?  Deur Juan Booysen Hinterland: Besproeiingshoof D ie Vaalrivierstelsel voorsien water aan 60% van die ekono­ mie en 45% van die Suid-Afri­ kaanse bevolking en daar gaan dringend ’n taakspan saamgestel moet word deur die Departement van Waterwese om die probleem aan te spreek en oplossings te vind. Sommige van die plaaslike munisipaliteite se suiwe­ ringsaanlegkapasiteit word met tussen 90% en 100% oorskry en dit sal indring­ end opgegradeer moet word. 16 SENWES SCENARIO | SOMER 2018 Die hoofoorsaak van die Vaalrivier se besoede­ling is afkomstig van die geneu- traliseerde, maar hoogs soutdraende suur van myne se dreineringsafvalwater wat in die Vaalrivier gepomp word. Daarby ook die onbehandelde of gedeeltelik behan- delde riool van, in baie gevalle riool­ proses­seringsaanlegte wat nie onderhou word nie, wat by die Vaalrivier instroom. Die riool is ‘n hoofbron van ernstige gesondheidsrisiko’s. E-coli tellings is ’n aanduiding van riool- water se teenwoordigheid in riviere. Rand Water se toetse dui duidelik daarop dat die vlakke van E-coli onaanvaarbaar hoog is. E-coli tellings van 200 – 400 per ml verteenwoordig reeds ’n aansienlike risiko van “gastroïntestinale afwykings”. Waar die Rietspruit by die Lochvaal aansluit, is tel­lings so hoog as 57 940 per 100 ml gemeet. Die plaaslike munisipaliteite erken die dilemma, maar verduidelik dat die oorsaak hiervan toe te skryf is aan verouderde infrastruktuur en ook menslike optrede. Die uitdaging, soos in die verlede, om addisionele waterverbruiksregte uit die Vaalrivier en opvangsgebied te bekom, het ook nou ’n nuwe element van uitda­ ging begin skep. Ongeag of die verbrui- ker in besit is van ’n Artikel 35(1) of Artikel 35(4) wat hom die reg verleen om water