Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 14

Wenkombinasie in saai! Pieter Ferreira en sy pa Piet. PRODUSENTFOKUS Piet Ferreira Vat jou goed en bly in landbou... Ferreira Die Afrikaanse liedjie lui, Vat jou goed en trek Ferreira. Maar dit is nie die geval by hiérdie Ferreira′s nie. Senwes Scenario het by Senwes produsent Piet Ferreira gaan inloer.  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur V yf jaar gelede op 63 het Piet, of Piet Lentedou soos hy bekend staan, se boedery anders gelyk. Danksy genade het sy seun en skoonseun oornag deel van die boerdery geword. Pieter Ferreira en Cassie de Vries het by die boerdery aangesluit. Pieter, 12 SENWES SCENARIO | SOMER 2018 ’n vlieënier, en Cassie, wat Bosbou en Natuurlike Hulpbronne studeer het, het nuwe lewe in die boerdery geblaas. En, sê Piet Lentedou, glo dit of nie, hier is drie Piet Ferreira’s wat in dié sandge­ weste boer. DIE BEGIN Piet het in 1975 begin boer en oorgeneem by sy pa Lou, wat ’n winkel in die gebied bedryf het, Lentedou Kontantwinkel. Lou was in 1947 die bestuurder van die Senwes handelstak in Tierfontein, waarna hy in 1954 begin boer en sy winkel bedryf het. Dit is by sy pa en medeprodusente in die gebied waar Piet die basiese beginsels van boerdery geleer het. Hy het begin met 150 hektaar koring en 300 hektaar mielies en vandag, na 43 jaar, het hy ’n sterk boerdery opgebou. Nog ’n interessante feit is dat sy pa ook die