Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 80

0000 Protek Nip-it Alphatrin Ad AFRIKAANS.pdf 1 2018/01/16 12:58 PM DIGITAAL Raak NOU ontslae van miere! Buite Nip-it Ant Control C • Gereed-vir-gebruik • Wis hele nes uit, insluitende koningin, binne ‘n week • 99% organies M Y CM MY CY CMY K Binne en Buite Knox Ant en Alphathrin • Waarde-vir-geld konsentraat • Reuk- en vlekloos Om meer uit te vind oor ons volledige reeks produkte, kontak ons by 0861 PROTEK (0861 77 68 35) www.protek.co.za Knox Ant: Aktiewe bestanddeel: Diazinon 240 g/l, Registrasienommer: L7175, VERSIGTIG, Registrasiehouer: Arysta LifeScience Suid Afrika (Edms) Bpk. Mpy. Reg. Nr. 2009/019713/07. Alphathrin: Aktiewe bestanddeel: Alpha-cypermethrin (Pyrethroid) 100 g/l, Registrasienommer: L7850, VERSIGTIG, Registrasiehouer: Arysta LifeScience Suid Afrika (Edms) Bpk. Mpy. Reg. Nr. 2009/019713/07. Nip-It: Aktiewe bestanddeel: Hydramethylnon, Registrasienommer: L8579, VERSIGTIG, Registrasiehouer: Prinswer Manufacturing (Edms) Bpk. Versprei deur: Protek, ‘n divisie van PE BEE Agri (Edms) Bpk, Posbus 72, Heidelberg, 1438. Tel (011) 812 9800 of 0861 PROTEK (0861) 77 68 35, www.protek.co.za 78 SENWES SCENARIO | SOMER 2018 DIE KONING VAN INHOUD Video is die aanlyn leier Deur Johan Le Grange Digitale Inhoudspesialis A l ooit gehoor mense sê 'waarom staan as jy kan lê?'. Dieselfde beginsel is van toepassing wanneer dit by digitale media kom, waar mens kan vra: Waarom lees as jy kan luister, of luister as jy kan kyk? Ja, nuusartikels op blogs en webtuistes het nog 'n plek op aanlynmedia en potgooie en oudiogrepe doen die rondte, en word toenemend gewild, maar video is die koning van aanlyn digitale inhoud. Of dit nou kort onderhoude is, leerprogramme, getuienisse, regstreekse uitsendings, produkadvertensies of vlogs (video blogs), video het besonder gewild geraak oor die laaste jaar en is beslis hier om te bly. Dit sal jou beslis nêrens bring om die regte boodskap, in die regte formaat, op die regte tyd op die verkeerde platform te deel nie. 'n Onlangse studie wat deur HubSpot ('n opkomende bemarkings- en verkoopsplatform) gedoen is, het aangedui dat Faceboek (gestig is 2004) die mees gewilde sosiale netwerk in die wêreld is indien dit bepaal sou word volgends die aantal aktiewe gebruikers (2,2 miljard), met YouTube (gestig in 2005) in die tweede plek (1,9 miljard) en WhatsApp (gestig in 2009) in die derde plek met 1,5 miljard aktiewe gebruikers. Op die videofront is YouTube deur bemarkers gekies as die gewildste videokanaal. Volgens Wyzowl se 2018 State of Video Marketing Survey, deel 87% van alle bemarkers hul video's op YouTube, in vergelyking met die 68% van bemarkers wat hul video's op Facebook deel. Soos wat die verbruikersaanvraag vir visuele inhoud verhoog en soos wat sosiale mediaplatforms video prioritiseer te midde van slimfone wat beter en beter word, is ons by Senwes vas- berade om meer en meer video-inhoud van die hoogste gehalte en standaarde aan u te bring. Stuur asseblief vir ons 'n kort video van enige innoverende boerderypraktyk wat u beoefen. Of dit 'n kreatiewe praktyk is of 'n tydbesparende idee, ons soek na die beste boer- maak-‘n-plan-video. Stuur die video's na 076 142 4640.