NUUS
Bastion…
'n Nuwe dag breek vir Grasland
Grasland het hul vyftigjarige bestaan onlangs gevier deur ’n nuwe era te begin met
’n splinternuwe naam, Bastion.
Deur Marlon Abrahams
Senwes Scenario Hoofredakteur
O
p Donderdag, 2 Augustus
2018 by The Barn in
Klerksdorp, het die land-
bougemeenskap die vyftig-
jarige bestaan van Grasland as voorste
verskaffer van landboukalkoplossings in
Suid-Afrika gevier. Grasland het ook die
geleentheid gebruik om die begin van ’n
nuwe era in die maatskappy se roemryke
bestaan aan te kondig. Hierdie nuwe era
is ingelui met die aankondiging van die
maatskappy se nuwe naam, logo en slag-
spreuk: Bastion - Grondslag vir Groei.
Bastion Besturende Direkteur, Etienne
Schoeman het gesê dat die naamsveran-
dering ’n herkalibrering van die maat
skappy se strategie aandui. “Ons het
’n trotse geskiedenis en rekord en ons
naamsverandering is geensins ’n wyse
waarop ons ons van die verlede distan-
sieer nie. Ons het indringende selfonder
soek gedoen en was van mening dat
ons sal moet herkalibreer, moet herbelyn
as sulks met die veranderinge in die
markomgewing. Deel van die proses het
daarop gedui dat ons alles wat ons doen
moet belyn met die “waarom” van dit
waarvoor ons staan. Baie maatskappye
weet hoe om besigheid te doen, maar
navorsing het bewys dat baie nie weet
waarom hulle besigheid doen nie.”
Etienne het verwys na die opgang
en ineenstorting van die selfoonreus
Nokia, wie se slagspreuk of “hoekom”
‘Connecting People’ was. "Kort voor hul
ondergang was hul strategie om hul plek
54
SENWES SCENARIO | SOMER 2018
as ’n dominante rolspeler in die mark
te behou. Dit dui daarop dat daar nie
belyning was tussen hul strategie en doel-
witte nie.”
“Bastion se “hoekom” is: ‘Om die
verkryging van natuurlike kalkprodukte
eenvoudig en laerisiko te maak, op ’n
wyse wat volhoubaarheid bevorder’. Dit
beteken in werklikheid dat ons meer klant-
gesentreerd en absoluut gefokus op die
klant moet wees. Dit beteken ook dat ons
besigheidstelsels in plek moet wees en
effektief moet wees en dat ons personeel
belyn moet wees met ons waardes,” het
Etienne gesê.
“Hierdie een sinnetjie mag eenvoudig
en reguit klink, maar neem byvoorbeeld
net die een stelling ‘lae risiko’ - dit bete
ken dat ons aggressief fokus op konser-
watiewe finansiële bestuur ten einde enige
moontlike risiko vir al ons belanghebben
des te minimaliseer. Dit beteken dat ons
Etienne Schoeman, Bastion se besturende
direkteur.
’n positiewe kontantbalans in stand hou
sodat ons altyd ons krediteure betyds
kan betaal, dit beteken ons beskerm ons
klante deur ’n volhoubare besigheid te
wees en dit beteken ook dat ons ons aan-
deelhouers beskerm deur verantwoordelik
besigheid te bedryf. Dit beteken verder
dat produkkwaliteit vir ons ’n baie hoë
prioriteit is, sodat produsente seker kan
wees dat hulle die beste reaktiwiteit van
die kalk in hul grond kry.”
Bastion is ’n lid van die Fertilizer
Association of Southern Africa (FERTASA),
’n artikel 21 maatskappy wat die belange
van die kunsmis- en landboukalkbedryf in
Suidelike Afrika bestuur.
Francois Strydom, Groep HUB van
Senwes (’n 50% aandeelhouer in Bastion),
en direkteur van Bastion, sê dat hy die
definisie van die naam Bastion nagevors
het. “In die besigheidskonteks is die mees
toepaslike definisie dat Bastion “ ’n ding
of persoon is wat ’n houding of beginsel
handhaaf of beskerm.” In die lig van ons
rekord oor die laaste 50 jaar, kan ek net
goeie dinge vir die toekoms voorspel,” het
Francois gesê tydens sy heildronk op die
maatskappy se nuwe naam.
Lemmer Vermooten, ondervoorsitter
van die direksie van NWK (ook ’n 50%
aandeelhouer in Bastion), en voorsitter
van die direksie van Bastion, het almal
by die funksie verwelkom. Die funksie
is bygewoon deur sowat 150 belang-
hebbendes, insluitend twee voormalige
Grasland besturende direkteure, naamlik
Piet Prinsloo en dr Pieter Haumann, die
Bastion raad van direkteure en verskeie
produsente, agente, besigheidsmense en
maatskappypersoneel.