NUUS
Grondberaad baan
die weg vorentoe
Opkomende produsente lug hul menings
Die onlangse Landbouweekblad en Agri SA Grondberaad wat in Augustus in Bela-Bela
plaasgevind het, het voorwaar die weg gebaan vir gesprekvoering en vir produsente om
hul unieke verhale te vertel.
Deur Aubrey Kruger
Senwes Scenario Redakteur
D
it was ook hier waar Senwes
Bestuurder: Ontwikkelende
Produsente, Julias Ramohlabi,
die geleentheid raakgesien het
om 10 van sy ontwikkelende produsente
na die baanbrekerberaad te neem, waar
hulle deel van 600 produsente en sakelui
was wat geluister het na 65 sprekers wat
hulle landboustories kon vertel.
Ramohlabi en sy produsente Phillimon
Mnenzhe, Herbert Mabuza, Simon Teffo,
Israel Motlhabane, die Mabaso broers
Bootman en President, Ngengwana
Marshall Tsokolo, Mokhele Pheello Isaac
asook Anna Phosa het die beraad saam
bygewoon.
Die enigste vrou in hierdie geselskap
het die grondberaad ten volle tot haar
voordeel gebruik. Anna Phosa het met
meeste van die sprekers en besoekers
tydens die geleentheid gekommunikeer
en haar netwerk in die proses uitgebrei.
“Ek het selfs met die president van Agri
SA, Dan Kriek gesels en ook ander leiers
in die bedryf ontmoet,” sê sy opgewonde.
Vir haar het die beraad haar oë oopge-
maak dat wit en swart produsente wel
saamwerk om grondkwessies op te los.
“Iets wat voorheen heeltemal te sensitief
40
SENWES SCENARIO | SOMER 2018
was om oor te praat,” verklaar sy.
Dit het baie van die mense laat dink
aan die goeie verhouding tussen dr.
Theo de Jager (President van die Wêreld
Landbou-organisasie) en Whiskey Kgabo,
‘n mangoboer naby Tzaneen, met Kgabo
wat verklaar het, “Ek was sy mentor.
Ek het hom geleer boer,” wat ‘n bewys
is dat produsente reeds jare gelede al
saamgewerk het.
Baie swart boere was ook van mening
dat alle produsente “hand-aan-hand
met die regering kan saamwerk.” Israel
Motlhabane het agtergekom dat hy “mega
nies ‘n bietjie agter is,” veral as hy homself
met van die groter produsente vergelyk.
Ramohlabi verwys dat dit juis hier is waar
die regering aan boord kan kom om die
opkomende produsente by te staan en dat
hulle wel ’n rol hier kan vervul.
Sommiges soos Ralph Swart, ’n
Overbergse produsent, het tydens die
beraad genoem: “My oupa het op 70
akker geboer, my pa op 110 morg en ons
boer vandag op 2 440 hektaar.” Vir Simon
Teffo wat in Randfontein boer, het daar
net nog meer vrae ontstaan. “Ek wil graag
weet hoe hierdie produsente dit reggekry
het. Ek is tans besig om ’n persoon op
te lei - wie gaan vir hom die geld leen?”
Hy sou graag die geleentheid wou kry
om vrae te vra om duidelikheid te kry oor
hoe ander produsente dit reggekry het
om suksesvol plase te bekom. Sy toe-
komsvisie vir die beraad is dat dit ook na
die ander provinsies uitgebrei moet word
sodat nog meer hiervan bewus is.
Ramohlabi self is ook baie positief oor
die grondberaad en noem: “Ek was reg-
tig baie beïndruk deur die suksesstories
vanuit al die provinsies.”
Hy noem dat daar talle goeie verhale
vertel is. Dit was ook goed om te sien
hoe die kommersiële produsente met
opkomende produsente saamwerk deur
vennootskappe of aandele.
“Dit was regtig grondverskuiwend in
die sin dat ons nou weet dat positiewe
dinge oral in landbou gebeur, selfs in
ander provinsies.” Iets waarvan hulle
soms onbewus is.
Dit was ’n uitstekende beraad wat
goed bygewoon is deur onder andere die
adjunk-president David Mabuza en talle
ander wat verdere status daaraan verleen
het. Mabuza het selfs ‘n pleidooi gelewer
dat produsente die regering moet vertrou
wanneer dit by grondhervorming kom.
Welgedaan Landbouweekblad en Agri
SA, en dankie vir die produsente se dap-
perheid om jul verhale te vertel. Dit was
baanbrekerwerk vir die pad vorentoe en
voorwaar ‘n keerpunt rakende die grond-
debat in Suid-Afrika.