Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 81

GARDENING | TUIN Maak gereed vir die koningseisoen Die somer is nou eindelik hier en ons tuinmense het reeds klaar gesnoei. Kompos is ingewerk en beddings is voorberei vir die plant van somerplante, blomme en groente. Deur Carl Kirstein Tuinboukundige O ns het nou ook die laaste geleentheid om die grasperke op die regte pad te plaas vir somertyd. Sny grasperke baie laag en indien die gras ongelyk is, kry ’n toplaag en werk dit oor die gras om dit gelyk te kry. Dit is ook goed om die gras te belug deur ’n roller met skerp penne oor te stoot of steek sommer gate met ’n tuinvurk. Goeie bemesting of ’n laag mis sal jou gras sommer gou laat uitloop en aggressief vir die somer vestig. Onthou om goed water te gee na bemesting. Onthou, ’n mooi grasperk is die belangrikste element vir ’n mooi tuin. Meerjarige plante soos Clivias en Agapanthus kan wel nog geplant word. Clivias is nou vol in blom, so dit is ’n goeie tyd om na jou tuinsentrum te gaan om presies te sien watter kleur jy aankoop. Al die gunstelinge is teen die tyd ook al beskikbaar. Beplan jou aanplantings sodat dit fokuspunte in jou tuin skep. Bemes aggressief en maak seker om ’n deklaag op jou beddings te sit om die grond koel te hou en verdamping te ver- minder. Dit spaar jou geld en water op die lang duur. Onthou dat water kosbaar is en minder word en nie meer nie. Daar is niks soos organiese groente, vrugte en kruie nie. Ek stel voor u omskep ’n gedeelte van u tuin in ’n kosparadys. Tamaties, blaarslaai, spinasie, stoelbone asook eiervrug is maklik om te groei en vertoon goed en verskaf oneindige plesier as dit vars uit jou eie tuin gepluk word. Sover dit kruie aangaan is oregano, tie- mie, mint en basil ’n moet. U kan selfs ’n pottetuin doen met kruie wat na aan die kombuis geplant word vir maklike toegang. Mint is ’n baie dors plant, so plaas die pot onder die kraan om dit mak- lik nat te hou. Onthou asseblief om enige plant nie dieper te plant as wat die grondvlak van die pot, sakkie of grond waarin dit tans geplant is nie. Gebruik asseblief so min as moontlik gifstowwe. Daar is so baie resepte en raad oor organies plante en met die hulp van Google is daar geen verskonings om ons aarde te besoedel nie. Noudat dit warmer is, spuit u tuin later nat om onnodige ver- damping hok te slaan. Geniet die koning- seisoen van die tuiniers! SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018 79