Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 78

MARKTE | MARKETS Winsgewendheid van gewasse Neem verskansingsbesluite saam met plantbesluit Met die aanvang van die nuwe plantseisoen word die besluit oor watter gewasse om te plant, gemaak op grond van die relatiewe winsgewendheid van die onderskeie gewasse. Om die winsgewendheid te verseker, moet daar verskansingsbesluite saam met die plant- besluit geneem word (vir meer hieroor sien die artikels in die vorige uitgawes van die Senwes Scenario). Deur Hansie Swanepoel Senwes Markanalis S SEISOENALE TENDENSE oos wat die produksieseisoen verloop, reageer die mark op die heersende fundamentele faktore wat gedurende daardie tyd heers. Indien daar byvoorbeeld ’n droë tydperk voorspel word gedurende ’n kri- tiese tyd in die produksieseisoen, behoort die mark te reageer deur pryse wat styg. Oor die jare vorm daar patrone wat duidelike tydperke uiteensit wanneer verskansing waarskynlik op beter vlak- ke as op ander tye gedoen kan word. Die uitdaging is dat daar in hierdie tye gewoonlik ’n fundamentele probleem, soos droogte, die mark dryf en die ver- skansingsbesluit bemoeilik. Hieronder is ’n uiteensetting van die Julie witmielie seisoenale tendens. Uit grafiek 1 kan duidelik gesien word dat die eerste seisoenale geleentheid tradisioneel gedurende November (plant- tyd) ontstaan. Gedurende hierdie tydperk, wanneer produksiesekerheid laag is, sal dit sinvol wees om verskansing te benad- er deur middel van minimumpryse (put opsies). Produsente is geneig om ’n derde 76 van verwagte produksie hier te verskans, waar sommige wel voldoende tonnemaat verskans om insetkoste te delg. Die volgende geleentheid ontstaan gedurende Februarie – Maart (bestui­ wingstyd), wat meestal saam met die tradisionele midsomersdroogte val. Produsente wat op hierdie stadium wel meer produksiesekerheid het, kan oor- weeg om die minumimpryse wat geduren- de planttyd gekoop is, terug te verkoop en vaste pryse in te neem in hul plek. Hierdie oorweging sal egter afhang van die verskil tussen die premie wat betaal is en die premie wat met die terugverkoop opgemaak kan word. Alternatiewelik kan ‘n volgende derde van produksie met vaste pryse verskans word. Die laaste derde word dan gelos tot ongeveer Mei (strooptyd), maar pro- dusente is ook geneig om eers seker te maak van die finale tonnemaat gestroop voor die laaste gedeelte van produksie bemark word. Die tradisionele prysstyging Grafiek 1: Die langtermyn Julie-kontrak witmielieprys en 2019 prysbeweging op Safex. SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018 Bron:Thys Grobbelaar