Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 72

FINANSIES | FINANCES DEEL II Boerderyskuld Stappe om die finansiële posisie van 'n boerdery te verbeter Volgens statistieke van die Nasionale Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het boerderyskuld gedurende die periode 2014 tot 2017 met sowat R34 689 miljoen, oftewel 30%, toegeneem en is die verwagting dat dit gedurende 2018 die R160 000 miljoen vlak kan bereik, wat ’n skuldlas van sowat 35% sou impliseer.  Deur Johan du Toit Bestuurder: Senwes Landbou-ekonomiese Dienste G emeet aan algemeen aan- vaarde norme, neig dit na die hoë kant. Dit moet gesien word teen die agtergrond van ʼn verlangsaming (selfs daling) in grond- pryse, strenger monetêre beleid en poli- tieke onsekerheid. Elke boerdery beskik oor ʼn unieke stel omstandighede en gevolglik is dit noodsaaklik om die impak daarvan op die finansiële posisie so akkuraat moontlik te bepaal eerder as om te wil veralgemeen. AANSPREEK VAN LANGTERMYNPROBLEME  ʼn Boerdery beland nie maklik oornag in finansiële moeilikheid nie en gevolg­ lik verg langtermynprobleme meer drastiese stappe, wat normaalweg met struktuuraanpassings verband hou, soos byvoorbeeld: i. Uitfasering van nie-winsgewende vertakkings en uitbreiding van meer winsgewende vertakking(s) – anali­- seer winsgrense/marges en kyk mooi na langtermynmarkvoor­- uitsigte/potensiaal van vertakking wat oorweeg word. a. aandeelhouding (“equity partner”); b. verkoop van nie-boerdery of luukse bates; d. ondersoek die verkoop en terug-­ huur van ʼn gedeelte van die grond en/of kudde. b. addisionele inkomstestrome – benutting van surplus kapasiteit, bv. verrig kontrakteurswerk, uit- verhuur van onder- of onbenutte grond; SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018 a. evalueer doeltreffendheid en winsgewendheid van huidige ver- takkings op ʼn individuele basis; 70 c. afskaling (verkleining) van be-­­ staande boerderyeenheid gegewe dat die oorblywende gedeelte steeds ʼn lewensvatbare eenheid sal wees;  Ander opsies wat met struktuuraanpas­ sings verband hou, is: i. Ondersoek metodes om inkomste te verhoog; ii. Bekom kapitaalinspuiting deur onder andere: c. herevalueer produksie-effektiwi­teit – produseer meer met dieselfde insette of dieselfde met minder insette. ii. Ondersoek waardetoevoeging deur verdere betrokkenheid in waardeket- ting (vertikale integrasie voor- en/of terugwaarts) om winsmarges te ver- sterk. Beginsel – addisionele inkom- ste moet koste van waardetoevoeging oorskry. Die opstel van ʼn weldeur­- dagte besigheidsplan is belangrik.