Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 64

FINANSIES | FINANCES Elize Jordaan “Dit gaan alles oor die kliënt se behoeftes.” Senwes Credit se Bestuurder: Landboufinansiering, Elize Jordaan, is nie bang om ’n paar vellies aan te trek en saam met ’n kliënt deur sy lande te loop om oplossings te bespreek vir sy besigheid nie.  By Marlon Abrahams Senwes Scenario Hoofredakteur “E k werk met Senwes kliënte wat dikwels baie unieke en soms komplekse behoeftes het wanneer dit by finansiële oplossings kom. Dit kan tyd neem om 'n behoorlike behoefte-analise te doen afhangend van die beskikbaar­- heid van die kliënt se finansiële inligting. Wat my werklik dryf is die bou en instandhouding van die kliënteverhou­ding wat daarna volg. Ons implementeer oplos­sings en monitor, 62 optimaliseer en pas dit deurlopend aan. Die kliënt se sukses is ons sukses.” Met die eerste oogopslag blyk profes- sionaliteit baie belangrik te wees vir Elize. Sy lyk die ene besigheid en dit reflekteer ook haar 15 jaar se ondervinding as privaat- en besigheidsbankier vir een van Suid-Afrika se top vier banke. “Die beste deel van my werk is om my getroue paar vellies aan te trek en deur die lande te loop saam met die kliënt om oplossings te bespreek. Om die kliënt se passie vir sy besigheid te ervaar en hom te help om sy groeidoelwitte te behaal. Ek het op ’n beesplaas naby Polokwane grootgeword, so ek is baie tuis op ’n plaas.” Met Elize se agtergrond as privaat- en besigheidsbankier en die feit dat sy Finansiële Markte en Instrumente en Bemarking studeer het, is sy van mening dat die landbousektor opwindende uit- dagings bied en dat Senwes Credit buig- saam genoeg is om pasgemaakte pro- dukte vir sy kliënte teen voorkeur­koerse te bied, wat ander mededingers nie kan doen nie. “In die banksektor was die produkte wat gebied is, konvensionele rakprodukte. Geen twee kliënte in die landbousektor se behoeftes is dieselfde nie. Elke situasie word op eie meriete geëvalueer. Ek is in noue same­werking met ons Gestruktureerde Finansiering-, Belasting- en Besigheids­ ontwerpspan, wat in welvaartbestuur spesialiseer. Op die wyse kan SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018 ’n omvattende oplossing vir elke kliënt se spesifieke behoeftes gevind word.” ’n Onlangse voorbeeld van ’n pas­ gemaa­kte oplossing vir ’n landboukliënt demonstreer die produk- en diensaanbod van Senwes Credit, wat nie deur ander banke gebied word nie. “Nadat die kliënt se situasie geanali­ seer is, het ons hom ’n Tradevantage Prysrisikorekening gebied, wat hom in staat gestel het om ’n spesifieke kommodi­ teit te verhandel. Ons het ook bemarkings- bestuursdienste gebied vir die kommoditeit en gereël vir ʼn bedryfskapitaalfasiliteit. ’n Gestruktureerde finasieringsoplossing vir kapitaaluitbrei­ding is ook verskaf. Die kliënt moes verder ’n volhoubare SEB-transaksie implementeer en ons kon ’n span verskaf wat die transaksie kon onderhandel en die betrokke partye bymekaar kon bring. Benewens dié pasgemaakte oplossings, maak ons vinnige reaksietyd, kompeteren- de rentekoerse en administrasiefooie ons aanbod selfs meer aantreklik”. “Ek is baie passievol oor wat ek doen - ek sit langs die kliënt, nie aan die ander kant van die lessenaar nie. Dit gaan daar- oor om in ’n langtermynverhouding te belê en waarde toe te voeg tot die kliënt se besigheid,” sê Elize met tasbare positiewe energie! As jy ’n afspraak met Elize Jordaan wil maak om jou finansiële oplos-­ sings te optimaliseer, skakel haar by die volgende nommers: 018 464 7432 of sel 084 495 2744 of via epos by elize.jordaan@sen- wes.co.za.