Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 63

HUMAN RESOURCES | MENSLIKE HULPBRONNE ANDER PROGRAMME Die keuse om te lewe, om mense met res- pek te hanteer, begin alles reeds van kleins af en daarom is programme soos Boys2Men en Becoming a Woman ont- werp en dit verrig wondere juis in die gemeenskappe waarbinne orga­ nisasies funksioneer. Launchpad en Let’s Go! geskep is. Vir jong mense wat die werksmag betree. Uit haar navorsing in die mynbedryf is veral gevind dat gemeenskappe wat ongesond is, ongesonde gedrag werk toe bring - met ander woorde ook na die plaas toe. Hier kry jy die gemeenskap gesonder waar die werkers kennis oor hulself ont- vang, moet leer watter gedrag hulle in die werksplek moet openbaar en keuses moet maak oor byvoorbeeld alkohol, dwelms, ens. Die uiteindelike doel hier is juis om veral landboumaatskappye, deur hulle gemeenskapsontwikkelingsprogramme, betrokke te kry. IS DIE PROGRAMME WERKBAAR? Sy noem dat daar tans ’n leier­ skapskrisis in die land is, korrupsie op hoë vlakke is en dat lae vlakke van vertroue heers, en dat programme soos dié beslis ‘n verskil kan maak. Die pro- gramme laat jou besef dat jy nie alleen in ’n organisasie funksio­neer nie, maar deel van ’n totale boerdery of landbouorgani- sasie vorm. Die programme word in Engels aange- bied en skep vertroue vir Suid-Afrikaners om te debatteer en hulle stories te ver- tel. “Dit help jou om deel te neem aan debatte. En as jy nie kan deelneem nie, het jy mos klaar verloor.” Dit leer jou om doelwitte te stel, nuwe vaardighede aan te leer, vaardighede uit te brei en om sinvol te lewe. RAAD OM MEER SUKSESVOL TE WEES • Wees volledig daar, wees bewus van alles en almal om jou. Wees volledig deel van die oomblik en openbaar toewyding. • Maak die beste van elke geleentheid. Moenie wag vir die perfekte oomblik nie, dit gebeur dalk nooit nie. • Doen dinge anders. Die lewe is ’n reis van keuses en indien jy iets gaan aan- pak moet dit juis anders wees omdat jy dit gedoen het. • Alle maatskappye het kapitaal, tegnolo- gie en grond. Wie daar werk en watter verhoudings hulle het, maak egter die verskil. So, indien jy groei in jou organisasie of boerdery wil sien, groei in jou personeel se emosionele vaardighede wil ervaar, weg wil beweeg van die kweking van gemiddeldheid - wees dan deel van die samesmelting van denke. * Al die programme van Thinking Fusion AFRICA dek die hele spektrum. Die pro- gramme bou van 12 tot 16-jarige jeug op, jong personeel wat die ekonomie betree, tot heel bo by top bestuurders en waar personeel binne spanne funk- sioneer. Die programme is ook geskryf met die Suid-Afrikaanse agtergrond in gedagte en duur 4 tot 15 dae. Vir meer inligting kontak Thinking Fusion AFRICA by 011 955 1003 of besoek hulle webtuiste by www. thinkingfusion.com. SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018 61