Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 56

NUUS | NEWS Bastion… 'n Nuwe dag breek vir Grasland Grasland het hul vyftigjarige bestaan onlangs gevier deur ’n nuwe era te begin met ’n splinternuwe naam, Bastion.  Deur Marlon Abrahams Senwes Scenario Hoofredakteur O p Donderdag, 2 Augustus 2018 by The Barn in Klerksdorp, het die land- bougemeenskap die vyftig- jarige bestaan van Grasland as voorste verskaffer van landboukalkoplossings in Suid-Afrika gevier. Grasland het ook die geleentheid gebruik om die begin van ’n nuwe era in die maatskappy se roemryke bestaan aan te kondig. Hierdie nuwe era is ingelui met die aankondiging van die maatskappy se nuwe naam, logo en slag- spreuk: Bastion - Grondslag vir Groei. Bastion Besturende Direkteur, Etienne Schoeman het gesê dat die naamsveran- dering ’n herkalibrering van die maat­ skappy se strategie aandui. “Ons het ’n trotse geskiedenis en rekord en ons naamsverandering is geensins ’n wyse waarop ons ons van die verlede distan- sieer nie. Ons het indringende selfonder­ soek gedoen en was van mening dat ons sal moet herkalibreer, moet herbelyn as sulks met die veranderinge in die markomgewing. Deel van die proses het daarop gedui dat ons alles wat ons doen moet belyn met die “waarom” van dit waarvoor ons staan. Baie maatskappye weet hoe om besigheid te doen, maar navorsing het bewys dat baie nie weet waarom hulle besigheid doen nie.” Etienne het verwys na die opgang en ineenstorting van die selfoonreus Nokia, wie se slagspreuk of “hoekom” ‘Connecting People’ was. "Kort voor hul ondergang was hul strategie om hul plek 54 as ’n dominante rolspeler in die mark te behou. Dit dui daarop dat daar nie belyning was tussen hul strategie en doel- witte nie.” “Bastion se “hoekom” is: ‘Om die verkryging van natuurlike kalkprodukte eenvoudig en laerisiko te maak, op ’n wyse wat volhoubaarheid bevorder’. Dit beteken in werklikheid dat ons meer klant- gesentreerd en absoluut gefokus op die klant moet wees. Dit beteken ook dat ons besigheidstelsels in plek moet wees en effektief moet wees en dat ons personeel belyn moet wees met ons waardes,” het Etienne gesê. “Hierdie een sinnetjie mag eenvoudig en reguit klink, maar neem byvoorbeeld net die een stelling ‘lae risiko’ - dit bete­ ken dat ons aggressief fokus op konser- watiewe finansiële bestuur ten einde enige moontlike risiko vir al ons belanghebben­ des te minimaliseer. Dit beteken dat ons Etienne Schoeman, Bastion se besturende direkteur. SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018 ’n positiewe kontantbalans in stand hou sodat ons altyd ons krediteure betyds kan betaal, dit beteken ons beskerm ons klante deur ’n volhoubare besigheid te wees en dit beteken ook dat ons ons aan- deelhouers beskerm deur verantwoordelik besigheid te bedryf. Dit beteken verder dat produkkwaliteit vir ons ’n baie hoë prioriteit is, sodat produsente seker kan wees dat hulle die beste reaktiwiteit van die kalk in hul grond kry.” Bastion is ’n lid van die Fertilizer Association of Southern Africa (FERTASA), ’n artikel 21 maatskappy wat die belange van die kunsmis- en landboukalkbedryf in Suidelike Afrika bestuur. Francois Strydom, Groep HUB van Senwes (’n 50% aandeelhouer in Bastion), en direkteur van Bastion, sê dat hy die definisie van die naam Bastion nagevors het. “In die besigheidskonteks is die mees toepaslike definisie dat Bastion “ ’n ding of persoon is wat ’n houding of beginsel handhaaf of beskerm.” In die lig van ons rekord oor die laaste 50 jaar, kan ek net goeie dinge vir die toekoms voorspel,” het Francois gesê tydens sy heildronk op die maatskappy se nuwe naam. Lemmer Vermooten, onder­voor­sitter van die direksie van NWK (ook ’n 50% aandeelhouer in Bastion), en voorsitter van die direksie van Bastion, het almal by die funksie verwelkom. Die funksie is bygewoon deur sowat 150 belang- hebbendes, insluitend twee voormalige Grasland besturende direkteure, naamlik Piet Prinsloo en dr Pieter Haumann, die Bastion raad van direkteure en verskeie produsente, agente, besigheids­mense en maatskappypersoneel.