LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL
Sonneblompakket presteer
in moeilike seisoen
Die 2017/18 seisoen was ’n hoogs onvoorspelbare seisoen. Ten spyte van uiterste
klimaatstoestande het sonneblom die afgelope seisoen homself weer bewys as ’n
gewas wat in strawwe produksietoestande goeie opbrengste kan realiseer.
I
n die 2017/18 seisoen is daar talle
boere wat verras is deur die prestasie
van die kultivars in die Agsun sonne-
blomreeks. Hier volg slegs ʼn paar van
die suksesverhale.
HEILBRON
BG Strydom van die plaas Marthinus
Rust in die Heilbron omgewing het die
afgelope seisoen twee van Agricol se
hoë-opbrengs sonneblombasters ge-
plant naamlik AGSUN 8251 en AGSUN
5103CLP. Volgens Strydom groei die
AGSUN-reeks baie egalig en dit verge-
maklik die stroopproses. Die kultivars het
ook baie goeie skepelmassas en is minder
toeganklik vir voëlskade as ander kultivars.
Strydom het die afgelope seisoen ʼn op-
brengs van 1,9 ton/ha gerealiseer te midde
van ʼn moeilike seisoen.
WOLMARANSSTAD
So ook kan Andre Jordaan van Mashandi
boerdery in Wolmaransstad getuig van
AGSUN 8251 se sukses. Ten spyte van
die moeilike kondisies het AGSUN 8251
met vroeë aanplantings steeds ʼn gemid
delde opbrengs van 2,1 ton/ha gelewer.
Volgens Jordaan het hy die afgelope
seisoen Agricol se sonneblom kultivars
gemeet teenoor ander sonneblom kultivars
48
wat in die Wolmaransstad distrik geplant
word. Jordaan het waargeneem dat die
AGSUN-sonneblomreeks uitstekende
weerstand teen siektes bied. Alhoewel
hy vanjaar voorkomend gespuit het teen
Alternaria, is daar nie naastenby die skade
met swamsiektes waargeneem by die
AGSUN-kultivars teenoor ander kultivars
wat aangeplant is nie.
Jordaan is ook beïndruk met die kulti-
vars se goeie opkomsvermoë en opbrengs
stabiliteit en beweer, “Agricol se sonne
blom is vir my ʼn goeie all-rounder. Ek kan
dit vroeg of laat plant, die kultivars doen
altyd goed. Agricol se sonneblom het altyd
ʼn beter skepelgewig as ander kultivars en
uitstekende graankwaliteit. Die silo’s is ook
baie tevrede met die graanmonster. Dit is
maklik om die monster se vreemde mate-
riaal minder te kry. Die “staygreen”-eien
skap het baie te doen hiermee. Ek sukkel
nie met dowwe pitte nie”.
HARTBEESFONTEIN/OTTOSDAL
Flip de Bruyn (Jnr) en sy pa, Flip de Bruyn
(Snr) van Hageland Boerdery tussen Hart-
beesfontein en Coligny in Noordwes plant
al vir ʼn geruime tyd Agricol se sonneblom
basters met groot sukses op ongeveer
1600 hektaar droëlande. Die hoofaanplan
ting bestaan uit AGSUN 8251 en daar is
SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018
al ʼn gemiddeld van 2,7 ton per hektaar
van die kultivar gestroop. Die langtermyn
gemiddelde opbrengs van die kultivar is
ongeveer 2 ton per hektaar. Volgens De
Bruyn is AGSUN 8251 se opbrengs stabi-
liteit in droë en nat seisoene een van die
eienskappe van die kultivar waarvan hy
hou. Die kultivar bevat ook die “staygreen”-
eienskap wat die plant beter weerstand
gee teen sekere omvalsiektes en verseker
ook dat die plante ʼn baie goeie staanver-
moë het.
BETHLEHEM
“Ek plant AGSUN 8251 al vir paar jaar
met baie stabiele opbrengste. Voordele
wat die kultivar laat uitstaan op my plaas
is sy staanvermoë en kopgrootte wat
voëlskade beperk. Die kultivar groei ook
nooit te hoog nie wat stroop vergemaklik.”
So beweer Henry van der Merwe van die
plaas Deelpan in die Bethlehem-area. Van
der Merwe het AGSUN 8251 vanjaar op
700 hektaar geplant teen ʼn gemiddelde
opbrengs van 2,2 ton per hektaar en sê
hy kan AGSUN 8251 vir enige mede-boer
aanbeveel.”
Agricol se AGSUN-sonneblomreeks is die
komende seisoen beskikbaar by deelne-
mende Senwes-takke.