JAG | HUNTING
Beste koeëlkeuse
vir 'n jaggeweer
Met die 2018 jagseisoen wat verby is, is baie skuts besig om te beplan aan volgende jaar
se jagseisoen.
Deur Jan-Lodewyk Serfontein
Verkoopsklerk: Hinterland Wapens,
Kroonstad en Jagkenner
M
et die toetrede van Hornady
se ELD-reeks koeëls, is daar
weer van nuuts af vrae rond
om verskillende koeëls en
elkeen se verskille en voordele. Om die
vrae nog meer te maak is Nosler se nuwe
42
RDF-koeëls ook nou beskikbaar in Suid-
Afrika.
Al die vrae rondom nuwe en beter
koeëls kan ons dae lank besig hou.
Laat ons ’n paar eienskappe van koeëls
bespreek en hopelik help dit om volgende
jaar se skiet en jag nog beter te maak as
dié jaar se uitstappie.
In Suid-Afrika is daar ’n groot verskei
denheid van goeie koeëls beskikbaar.
Van hulle word in Suid-Afrika vervaardig,
SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018
maar meeste van hulle word ingevoer.
Aangesien ons koeëls vir verskillende
doeleindes gebruik, is daar ’n wye spek-
trum koeëls beskikbaar. Kom ons kyk na
’n paar aanwendings van koeëls en wat
die beste koeël sal wees vir die gebruik.
Teikenskiet is die grootste gebruiker
van koeëls. As gevolg van die aanwen
ding van die koeëls moet die vervaar-
digers hul akkuraatste koeël ontwerp
44