Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 40

NUUS| NEWS Wenners gekroon by 2018 Vrystaat Landbou gala-dinee Vanjaar was daar weereens groot opgewondenheid met die aankondiging van die top boereverenigings in die Vrystaat. Senwes Scenario het gaan inloer.  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur D Vrystaat Landbou se Boerevereniging van die Jaar! Agri Hertzogville het vir die derde keer in ‘n ry die titel ingepalm. Hier is Francois Wilken (President: Vrystaat Landbou), Gerhard Kriel (Hoof Uitvoerende Beampte: Vrystaat Landbou), Tania en Marius Groenewald (Agri Hertzogville) in die middel, gevolg deur Danie Minnaar (Voorsitter: Senwes Direksie) en Tommie Esterhuize (Vise- Voorsitter: Vrystaat Landbou). Die tweede plek is ingepalm deur Steynsrus Distriksboerevereniging. Hier is Francois Wilken (President: Vrystaat Landbou), Gerhard Kriel (Hoof Uitvoerende Beampte: Vrystaat Landbou), Louis Koch (Voorsitter), Danie Minnaar (Voorsitter: Senwes Direksie) en Tommie Esterhuize (Vise-Voorsitter: Vrystaat Landbou). 38 SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018 ie Vrystaat Landbou 2018 gala-dinee, wat met trots geborg is deur Senwes, is op 15 Augustus by Leopards and Lace in Bloemfontein aan­ gebied. Bekende grapjas, Andries Vermeulen, het as seremoniemeester opgetree. Die streeksverteenwoordiger vir die jaar was weereens Willie Weich van die Tokologo distrik, wat ook die titel in 2017 gewen het. In die Boerevereniging van die Jaar-kompetisie was die wenner ook dieselfde, in der waarheid dieselfde as in 2017 en 2016. Hier het Agri Hertzogville weereens met die titel as Boerevereniging van die Jaar weggestap. Marius en Tania Groenewald het die titel in ontvangs geneem. In die tweede plek was Steynsrus Distriksboerevereniging en Louis Koch (Voorsitter) het die titel namens die boerevereniging ontvang. Hulle het een plek opbeweeg nadat hulle die derde plek in 2017 losgeslaan het. In die derde plek was Karee Boerevereniging en Miekel van Dyk (Voorsitter) en Willie Maas (Ondervoorsitter) het die sertifikaat in ontvangs geneem. Interessant is dat Karee Boerevereniging ook ‘n top drie posisie in 2016 verower het, nadat hulle verlede jaar tweede was. Hierdie boereverenigings het hul onderskei as pilare van die gemeenskap waarin hulle funksioneer. Hulle het in landbouverwante aangeleenthede uitgeblink en word ook uitgeken aan hul samewerking met belanghebbende rolspelers soos die SAPD, munisipaliteite, landboubesighede en regeringsdepartemente. Dan is hulle ook betrokke by projekte buite die landbousektor soos skole, bejaardes, welsyn, skoue en by opkomende produsente. Senwes is trots om vir jare al deel van die Vrystaat Landbou Jaarkongres en gala-dinee te wees en wens al die wenners geluk met hulle toekennings. Julle is waarlik steunpilare in landbou!