Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 28

AREAFOKUS | AREA FOCUS In Bultfontein staan die gemeenskap saam ‘n Klein pomphuisie maak ‘n groot verskil! Die 9-meter watertenk met ‘n kapasiteit van 127 000 liter water. Boeregemeenskappe sal weet dat water lewe is en immers die katalisator is wat daarvoor verantwoordelik is om kos op alle landsburgers se tafels te plaas. Maar in Bultfontein staan gemeenskappe mekaar ook by, soos wat by Senwes Grainlink se Bultfontein Silo en Hoërskool Bultfontein die geval is.  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur W ater is maar ’n skaars kom- moditeit in dié Vrystaatse dorpie, veral omdat sekere dele van die dorp se boor- gatwater ’n hoë swaelinhoud het en muni- sipale water ook ’n gat in jou inkomste kan maak. Maar by Bulfontein silo is die boor- gatwater gelukkig sterk en silwerskoon. Oplossing en ’n probleem terselfdertyd gevind. Skoon water, maar met die silo net buite die dorp en die skool in die dorp, moes afstand oorbrug word. Tot en met 2015 het dit maar ’n geswoeg en gesweet gekos om die sportvelde van die hoërskool lewend te hou. Maar danksy Senwes, die skool se beheerliggaam asook die hele gemeenskap is ’n oplossing mos ’n pro- dusent se kos. Voorsitter van die beheer- liggaam, Fanus van Jaarsveld, vertel dat almal hand bygesit het om water vir die sportvelde te verseker. Die afstand is oorbrug met ’n 50 mm pyp wat nie minder nie as 1,7 kilometer ver strek, van die silo al langs die treinspoor, af 26 met Dickensstraat, regs in Marquardstraat en dan weer af, tot op die hoek van Paul Winter- en Skoolstraat. Twee damme, een van 9 meter by die koshuis en een van 6 meter by die sportveld, met ’n kapasiteit van 127 000 en 56 000 liter onderskeidelik is volgemaak. Senwes verskaf die water, pomp en krag en danksy flinke samewerking van die Tswelopele Munisipaliteit, veral die hoof van die tegniese afdeling, Kobus Keyser, was die projek geslaagd en sedertdien kan sport ook hoogty vier. Met twee TLB’s wat verskaf is om die slote van 1 meter tot 1,5 meter diep te grawe, kon die broodnodige water twee weke later die skool bereik. Van Jaarsveld noem dat die skool en sport geweldig hierby gebaat het. “Elke seisoen moes ons feitlik van voor af begin met die sportvelde, met kolle gras wat weer moes toegroei,” vertel hy. Die skool se velde is volgens hom nou ook van die heel beste in die omgewing omdat dit nie meer onder stres is nie. Die leerlinge baat ook om op goeie grasperke hul sport te beoefen soos hy spog dat die eerste rugbyspan vanjaar tweede in die Sandveldliga geeïndig het, met skole soos SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018 Hoopstad, Wesselsbron, Theunissen, Welkom High asook Kroonstad se Blouskool wat onder meer teen mekaar meeding. Die 25 meter swembad word ook opgevul vir die skool se opkomende swemsterre wat hier gekweek kan word. Silobestuurder Ina Strauss neem my na die klein pomphuisie met die boorgat- pomp aan die anderkant van die silo. En om te dink dat die klein pomp so ’n groot verskil kan maak! Sy verklaar dat dit vir ’n baie goeie doel aangewend word en ook ‘n groot pluspunt vir die skool is. So staan die gemeenskap, produsente en landboumaatskappye saam om die inwoners, hul produsente en kinders te help. Dit is maar slegs een van die postiewe verhale in Bultfontein. Die skool se sportveld en koshuis heet nie verniet Carpe Diém Park en Huis Carpe Diém nie. Maak die beste van elke geleentheid en gee ’n bietjie aandag aan wat die toekoms vir ons kan bring. Welgedaan Bultfontein, ons neem ’n bladsy uit julle boek. *Vertel vir ons jou opbouende storie van hoe landbouers en die gemeenskappe in jou omgewing saamwerk deur Aubrey Kruger te kontak by [email protected].