AGRICULTURAL | LANDBOUKUNDIG
Wat bepaal die risiko en winsgewendheid?
’n Voerkraal gebruik diere om karkas of vleis as eindproduk te produseer en dus waarde
te vermeerder. Die wins, soos in enige onderneming, word deur die insetkoste van die
produksieproses en inkomste van die eindproduk(te) bepaal. Hierdie proses het verskeie
biologiese en fisiese produksiefaktore, asook ekonomiese en prysfaktore wat gedurig
fluktueer en wat die risiko veroorsaak.
Deur dr Kobus Swart
Dierevoedingskundige
D
ie primêre taak van ’n voer-
kraalondernemer is dus
risikobestuur. ’n Voerkraal is ’n
intensiewe veeproduksiestelsel
wat die ondernemer in staat stel om die
meeste produksiefaktore vir maksimum
produksie en risikofaktore vir maksimum
wins te beheer. Die risikofaktore kan in
interne risiko’s, wat grootliks beheer kan
word, en eksterne risiko’s, wat grootliks
nie beheer kan word nie, verdeel word.
INTERNE RISIKO’S
Die grootste interne risiko is die bestuurs
vaardigheid van die ondernemer. Hierdie
risiko’s word deur dag tot dag korrekte
besluite en die uitvoering daarvan bepaal.
Te midde van vele aktiwiteite sal die
bestuur van die volgende aspekte die
grootste impak op interne risiko’s hê:
Bedryfsrisiko: Elke aktiwiteit moet
deur personeel uitgevoer word.
Personeelkwaliteit is dus krities belang
rik. Swak opgeleide en onbetroubare
personeel verhoog die risiko van veral
intensiewe produksiestelsels aansienlik.
Verskeie take moet daagliks akkuraat en
geroetineerd uitgevoer word en elke per-
soneellid moet die rasionaal van elke taak
verstaan en dit onafhanklik kan uitoefen.
Ontwerp en onderhoud van fasiliteite:
Soos enige produksiestelsel is doeltref-
fende toerusting en die regte ontwerp van
fasiliteite wat onderhou word, noodsaaklik.
Sodra toerusting en fasiliteite onvoldoen
de en selfs swak funksioneer, word die
regte besluite al swakker uitgevoer en
verhoog dit die risiko. Dit lei tot siste-
miese onproduktiwiteit en swak bestuur,
wat veral moeilik by ongunstige omstan-
dighede kan aanpas.
Voeding: Die voeding van diere is ’n
24-uur operasie en is die grootste enkele
kostefaktor in die voerkraal. Verskeie
aspekte van voeding kan varieer en tot
risiko bydra. Die prys van grondstowwe,
veral energie in die vorm van graan,
is ’n eksterne risikofaktor. Die korrekte
besluite moet geneem word om die regte
kombinasie van grondstowwe teen die
goedkoopste prys aan te koop en ‘n finale
voer daarmee te formuleer en te meng om
maksimum verteerbaarheid, voerinname
en dus produksie van ’n karkas te verse-
ker. In hierdie proses is daar verskeie fak-
tore wat kan varieer en tot risiko bydra.
Gesondheid: ’n Voerkraal gebruik lewen-
dige diere wat metabolies optimaal moet
produseer. Siek diere produseer swak.
Intensiewe produksiestelsels verhoog
spanning wat negatief op immuniteit en
dus gesondheid inwerk. Die korrekte
voorbereiding van diere met inenting en
dosering, vroegtydige identifisering en
behandeling van siek diere, doeltreffende
aanpassing van diere by hoë-energievoer
en intensiewe sosiale omstandighede,
verlaag die risiko van swak gesondheid.
Produktiwiteit: Die produksieprestasie
van ’n voerkraal word in terme van groei
prestasie (GDT), uitslagpersentasie of
karkasproduksie, eindmassa of totale
volume vleis geproduseer, voeromset en
klassering of kwaliteit van karkas gemeet.
Al hierdie faktore kan varieer en het ’n
direkte en betekenisvolle invloed op die
winsgewendheid. Hierdie faktore kan
SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018
25
23