Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 16

PRODUSENTFOKUS | PRODUCER FOCUS 13 | Produsent Piet Ferreira tree as mentor op vir Ruben Motlhabane, ’n opkomende produsent. “Ons is sy huidige mentors en deel alle inligting met hom. Hy weet wat ek weet. Hoe gaan dit lyk as sy oes sleg is en mense hoor ek is sy mentor,” noem Pieter en Piet voeg by hoe ‘n lekker gevoel dit is wanneer Ruben sukses behaal. Die driemanskap se raad aan ander produsente is dat politiek uit jou hande is, maar dat ons moet saamstaan en veg vir wat ons wil hê. Piet sê laastens: “Leer jou lewe lank soveel as wat jy kan. By dié plaas ge­beur dinge, danksy harde werk en natuurlik genade van Bo.” Piet en sy vrou Marianne, hul kinders en dié se beter helftes Pieter en Colene, Gretha en Cassie asook hul ander dogter Rinda wat met ‘n boer van die omgewing, Willem du Plessis, getroud is, se boerdery is op die regte pad. En met agt kleinkinders is hierdie boerdery se toekoms ook in goeie hande en het hulle geen planne om te vlug nie. 14 SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018 Pieter Ferreira by een van hulle John Deere trekkers.