Tema:
Planttyd
LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL
Presisietegnologie
en suksesvolle plantaksie
Suksesvolle optimale oesopbrengs is die resultaat van interaksie tussen grond (fisika,
chemie en biologie), gewas (grond- en klimaatsvereistes asook -eienskappe),
klimaat (waarvan reënvalintensiteit en -verspreiding krities is), bestuur en tegnologie
(trekkers, implemente en presisietoerusting). Wat moet die produsent dus doen om al
hierdie elemente voldoende te bestuur?
Deur Petrus van Staden
Senwes Senior Agronoom en
Lourens Janse van Rensburg
Cerealis Areabestuurder
O
GROND
ptimale produksie begin by
presisiekaarte ten opsigte van
grondtekstuur, gronddiepte,
brutodigtheid en plantbeskik-
bare waterkapasiteit. Die chemiekaarte
word vir veranderlike regstelling gebruik.
TEGNOLOGIE
Suksesvolle waardetoevoeging tot die
investering in veranderlike toedienings
kaarte word bepaal deur die planter en die
tegnologie waarmee dit toegerus is.
Die doel van ’n planter is om saad
binne die grond te plaas en terselfdertyd
‘n omgewing te skep wat bevorderlik is vir
gelyktydige ontkieming, opkoms en byna
100% blootstelling van al die plante aan
GEWAS
Die keuse van ’n gewas word bepaal deur
natuurlike hulpbronne, finansiële oorwe
ging en langtermynstrategie. Die opbou
van organiese materiaal vir die verbetering
van grondfisiese en -chemiese faktore deur
middel van ’n rotasiestelsel, behoort oor-
weeg te word ten einde risiko te verminder
en langtermynvolhoubaarheid te verseker.
Die doel van kultivarkeuse is om risiko
te beperk en word op produkinligting van
saadmaatskappye en nasionale kultivar-
proewe gebaseer.
KLIMAAT
Grondtemperatuur, grondvog, voorkoms
van reën en die midsomerdroogte is die
faktore wat bepaal watter gewas/kultivar
wanneer geplant gaan word.
06
SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018
sonlig. Hierdie vereiste vir optimale saad-
en kunsmisplasing is krities vir optimale
voedingstofopname, groei en omskakeling
van lig en chemiese energie na opbrengs.
’n Planter het elke seisoen net een kans.
Gee jouself die beste kans. Die ou stelling
van “om te meet is om te weet” is van toe-
passing. Precision Planting het tegnologie
ontwikkel waarmee die effektiwiteit van
enige planter bepaal kan word, asook die