Tema:
Planttyd
LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL
Senwes Equipment gee wenke vir
’n probleemvrye plantseisoen
Hiermee wens ons as Senwes Equipment span u as gewaardeerde klant ’n voorspoedige
en probleemvrye plantseisoen toe vir hierdie jaar. Ons glo en vertrou dat hierdie jaar vir u
as produsent baie goeie oeste sal oplewer met die meeste looptyd op u toerusting.
Deur Jacques Pretorius
Senwes Equipment: Bestuurder:
Meganisasiedienste
S
enwes Equipment werkswinkels
wil graag die nodige gemoeds
rus vir die opkomende plant-
seisoen vir ons klante verseker
deur ’n paar wenke en voorstelle om
proaktief reeds na u planter en John
Deere spuit om te sien.
Is saadbakke en uitmeetmeganisme
deurgegaan en gekalibreer vir opti-
male plantestand en spasiëring?
Is nodige verstelling op koulters (saad
en kunsmus) nagegaan en verstel vol-
gens u behoeftes en spesifikasies?
Is alle aandrywings en laers nagegaan
en in ’n werkende toestand?
Is hidrouliese stelsels nagegaan vir
werking en lekke op u planter en trek-
ker?
Het u onlangs u John Deere spuit
deur u werkswinkel laat inspekteer om
sodoende te verseker dat u die regte
hoeveelheid gif toedien en is daar ’n
“nozzle flow check” gedoen?
Is u plantermonitor getoets en reg
opgestel om te verseker u gaan die
10
regte hoeveelheid saad en kunsmis
toedien indien u variërend plant?
Senwes Equipment werkswinkels het nou
’n inspeksieprogram waarvolgens meer
as 70 punte op u John Deere planter
nagegaan word. Die inspeksie gee u as
klant die gemoedsrus om die plantseisoen
met vertroue aan te pak en behels ook ‘n
spuitinspeksie van ongeveer 150 punte vir
SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018
gemoedsrus tydens die belangrikste deel
van u planttyd.
Wees verseker dat u enige tyd op
Senwes Equipment werkswinkels se knop-
pie kan druk vir ongekende gemoedsrus
en diens wat ons aan u kan bied vanuit
enige van ons 18 bedieningspunte in die
Senwes-gebied.
Vir enige navrae kontak gerus u naaste
Senwes Equipment werkswinkel.