Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 57

••• • • T U I N WE NK E • • Skep ’n somerlushof CARL KIRSTEIN D it is nou amptelik lentetyd en ons tuiniers het nog ’n hele paar take om af te handel om ons tuine perfek voor te berei vir ’n somerlus­ hof. Hier volg die belangrikste voorbereidings: • Bereiding van nuwe beddings. • Snoei van bome, struike, ensovoorts. • Uitdunning van plante soos grasse, agapanthus en clivias om dit te vermeerder. • Algehele bemesting wat gedoen moet word (verkieslik organies). • Die skoonmaak van visdamme en waterfokus- punte. • Grasperke moet kort gesny word, belug word en ’n lagie “top-dressing” is noodsaak- lik vir ’n eweredige grasperk. Bemes met ’n grasperkkuns­mis soos LAN of selfs bees-, skaap- of hoendermis. Dit moet egter nie te dik aangewend word nie omdat die gras kan brand. Onthou om diep te water na bemesting. • Saai die saadjies vir blomme en groente nou. • Moet asseblief nie saailinge dieper plant as wat hul grondvlak nou is nie aangesien dit fungusse sal veroorsaak en die plantjies sal vrek. • Na beplanting, sit ’n deklaag van kompos tus- sen plante. Erdwurm- of “mushroom” kompos werk baie goed, asook basstukkies. Ek het die voorreg gehad om ’n grondontleder wat nou in “hydroponics” spesialiseer, in Klerksdorp te ontmoet. Dit is baie goeie nuus vir ons wat kleiner tuine het en water wil bespaar. Dit behels ’n stel- sel wat spesifiek vir jou omstandighede ontwerp word. Die voordeel is dat ons ook slaaigoedjies kan pluk en kan gebruik sonder om sand op dit te hê. Die hele stelsel het ’n “stil” pomp en kan naby jou huis gebruik word. Indien u nuuskierig is, kan u na voorbeelde by kwekerye gaan kyk. Ek was ver- stom oor die drag van die plantjies en hoe min wa- ter dit gebruik. Doen uself ’n guns en gaan kyk na die toekoms van oordeelkundige tuinboukunde. Hou dit groen en organies! SENWES Scenario • AUG/SEP 2017 55