Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 56

•••• PR O MO SIE -A RT IK E L K-Rain bevorder effektiewe waterverbruik K -rain is een van die voorste vervaardigers van geoutomatiseerde tuinbesproeiing­ stelsels in die wêreld. Die volledige reeks sproeiers, beheermeganismes en kleppe vir die residensiële en kommersiële besproeingsmarkte is nou beskikbaar. K-Rain se gevorderde ontwerp- en vervaar­di­ ging­span het seker gemaak dat K-Rain produkte die maklikste is om te installeer, op te stel en te gebruik. Dit word gerugsteun deur meer as 100 patente en meer as 40 jaar se bedryfsondervinding. Daarbenewens word K-Rain produkte ook gerugsteun deur die sterkste waarborgprogram in die besigheid, wat die nodige vertroue skep onder verspreiders en kontrakteurs wanneer hulle K-Rain produkte installeer. K-Rain het oor die afgelope 10 jaar beduiden­de vordering gemaak in die ontwikkeling van pro- dukte wat effektiewe waterverbruik bevorder. As ’n aktiewe EPA Water Sense vennoot, is hulle toewyding tot die vervaardiging van hoë-prestasie, lae-waterverbruik en ekonomiese residensiële en kommersiële besproeiingsprodukte noodsaaklik as teenvoeter teen die uitdagings met betrekking tot globale watertekorte. K-Rain moedig die herbenutting van materia­le terug na die markplek of natuur aan en ons evalu­eer deurlopend ons vervaardigingsprosesse om K-Rain se omgewings­impak te verminder. K-Rain sal teen Desember by Hin- terlandtakke beskik- baar wees. Klante kan hul naaste Hinterlandtak vir meer inligting skakel. RPS 75i met Intelligent Flow Tegnologie Die RPS 75i rotor is 'n nuwe toevoeging tot K-Rain se reeks rotors en is ontwerp vir residensiële en ligte kommersiële toepassings. Met die RPS 75I, word watervloei proporsioneel met die druk van 'n knoppie van die gepatenteerde Flow Shut-Off beheer - tot 50%. Die RPS 75i verseker egalige waterverspreiding, voorkom droë kolle en verskaf beter soneprestasie, terwyl dit water bespaar. 54 OKT/NOV 2017 • SENWES Scenario