Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 52

••••
TOEKOMSFOKUS

Kom selfs beter terug

JENNY MATHEWS
GEORGE WASHINGTON WAS EERSTENS ’ N BOER EN HET PER GELEENT­ HEID GESÊ : “ LANDBOU IS DIE MEES GESONDE , NUTTIGSTE EN EDELSTE BEROEP VIR MENSE ... EK SAL EER DER OP MY PLAAS WEES AS KEISER VAN DIE WÊRELD !”
DOEN WAT JY GOED DOEN

Aan die begin van Washington se post-militêre loopbaan , was hy gemotiveerd om ’ n groot tabakboer te word en later het hy ook koring verbou . Hy was belese en het nuwe metodes , soos moderne toediening van kunsmis en rotasie van oeste , geïmplementeer . Hy het ook ’ n reputasie vir goeie rekordhouding gehad . Sy invloedwerwing was

eers op sy eie belange toegespits , maar soos wat hy meer invloedryk geword het , het hy dit sy roeping gemaak om landbou in die algemeen te be vorder en te verbeter . Washington het geglo dat gesonde landbou en landelike gemeenskappe krities is vir nasionale welvaart . Die vestiging van landboukolleges , die befondsing van landbounavorsingsprogramme en die ondersteuning van landbouvoorligtingsdienste om boere te bemagtig het in sy tyd gerealiseer . Dit is die teken van ware leierskap : wanneer ’ n mens jou eie klein wêreld agterweë laat , die groter prentjie sien en aspekte nastreef tot groter voordeel van almal .
Hoe verder jy terugkyk , hoe verder sal jy waarskynlik in die toekoms in kan sien – Winston Churchill
Washington se landboufilosofie is vandag nog relevant . Plaaslik sal van die ouer boere soortgelyke beleide van voor 1994 onthou . Dit het verander en befondsing van die ontwikkelende sektor het tydens die post-1994 era gerealiseer . Ek kan aan ’ n aantal veranderinge dink wat ons sektor onderdruk het en wat die politieke fokus weggeneem het van die landbousektor :
• Eens trotse landboukolleges , wat bekwame boere geproduseer het vir dekades lank , is nou ’ n skadu van wat hulle was en een krisis na die ander moet hanteer word as gevolg van ’ n gebrek aan befondsing ;
• Die befondsing wat lank gelede na gerespekteerde navorsingsen ontwikkelingsentrums gekanaliseer is , het dramaties verminder ;
• Die adviesdienste van hoog aangeskrewe spesialiste in elke sub-sektor van die land , het ’ n totale transformasie ondergaan en die spesialiste het lankal na groener weivelde gaan soek .
Ons kan nie die horlosie terugdraai nie . Dit is voor die hand liggend dat ons dit ook nie wil doen nie ! Die enigste rede om terug te kyk is om inligting in te win vir die toekoms - om te onthou dat verandering “ moeilik aan die begin is , morsig in die middel en wonderlik aan die einde ”!
50
OKT / NOV 2017 • SENWES Scenario
DIT IS TYD OM DIEP TE DELF Nadat hy onlangs die VSA Ope halfeindstryd gewen het , het Kevin Anderson erken dat hy die eerste stel verloor het weens ’ n aantal foute , wat hom gedwing