Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 5

••• • • A L L E S E N N O G WAT • • Pieter & Tshepo OLUSEGUN MATHEW OKIKIOLA AREMU OBASANJO Voormalige president van Nigerië (1999 tot 2007) Oor die bevolkingsgroei in Afrikalande. “ ’n BEVOLKING wat nie opgevoed en bemagtig is nie, is nie ’n bate nie. ” JAHNI DE VILLIERS Agri SA se hoof van arbeid en transformasie In gesprek oor produsente wat dikwels van arbeidsmakelaars gebruik maak vir seisoenwerk. Die arbeidsmakelaar aanvaar verantwoordelikheid vir die administrasie, maar die wet is in 2015 verander om voorsie­ning te maak dat die produsent ook aanspreeklik gehou sal word indien probleme sou ontstaan. “ BOERE en arbeidsmakelaars is nou gesamentlik verantwoordelik, sou ’n dispuut ontstaan. ” LOUIS MEINTJES President van TLU SA Praat oor die feit dat die land se eko­ nomie nie meer in ‘n tegniese resessie verkeer nie, te danke is aan die reuse bydrae wat landbou gelewer het. Volgens die statistikus-generaal het landbou ‘n groei van 33,6% getoon. “ DIT is ’n onbetwisbare bewys daarvan dat landbou die grondslag van die ekonomie uitmaak. ” DAN KRIEK President van Vrystaat Landbou ‘n Kort uittreksel van sy presidentsrede “ Ek ken niemand in landbou, in Agri SA en by Vrystaat Landbou en in ons bedrywe en landbou­ besighede wat onverskillig staan teenoor grondhervorming nie... Jy is vry in Suid-Afrika en het ’n reg onder die grondwet om in die straat af te stap en te sê hoe jy voel. ” HENK VAN WYK President van Agri Noord-Kaap Hy het tydens sy presidentsrede gepraat oor die water- en besproei­ ings­p robleem en dat innoverende denke hier moet intree. “ Ons kyk maklik vas in die bran­ ders en golwe en ons sit be­noud in ons bootjies en skep die water uit, terwyl die wind ons verrinne- weer, maar op geen stadium klim ons uit die water en loop na waar dit veilig is nie. Ons sal die uit- DIE WENNERS VAN DIE VORIGE UITGAWES VAN SENWES SCENARIO IS AS VOLG: (Junie/Julie 2017) is as volg: CUM: Brenda van der Merwe van Bothaville. Hannon: Rita Cox van Deneysville, F. Van der Merwe van Magogong. dagings eerder ignoreer. ” KGALEMA MOTLANTHE Voormalige president van Suid-Afrika Hy paat oor die morele waardes in Suid-Afrika op BBC televisie. “ ...wanneer jou gewete jou in die steek laat, weet jy dat die morele beroep wat jy op mense maak, niks werd is nie. ” ANNELIZE CROSBY Agri SA parlementêre verteenwoordiger Sy het tydens die Agri Noord-Kaap kongres oor grondhervorming gesels. “ Alles dui daarop dat arm mense hulle geduld begin verloor met die stadige vordering met grondher- vorming en dat ’n elite-groepering besig is om grondhervorming tot ’n redelike mate te kaap. ” PIETSAP VAN RENSBURG Welbekende John Deere model- trekkerentoesias “ Ek weet nie wat môre inhou nie, maar ek weet Wie môre in Sy hande hou. ” SENWES Scenario • OKT/NOV 2017 3