•••
• •
D RUPPE L S O P D IE DA K • •
Westelike produksiegebied: El Niño/La Niña-episodes: Afwyking van die 5 jaar
lopende gemiddelde opbrengs.
VERWAGTE REËNVAL VIR DIE PERIODE
SEPTEMBER 2017 TOT JANUARIE 2018
(SUID-AFRIKAANSE WEERDIENS)
Die Weerburo het teen die
einde van Augustus 2017 die
seisoensverwagting gepubliseer.
Die kaarte word hierna verskaf.
Die Weerburo voorspel onder-
gemiddelde reënval vir die
voorjaar, dit wil sê vir September
tot einde Oktober 2017. Vir
die periode November tot
einde Januarie 2018 voorspel
die Weerburo ’n goeie kans
vir reën oor die sentrale
somerreënvalgebied van Suid-
Afrika. Dit is veral die periode
waartydens die somerseisoen se
oes gemaak of gebreek word.
Alhoewel die kaarte nie voorsien
word nie, voorspel die Weerburo
nie wesenlik hoër temperature
vir die midsomerseisoen nie.
Dit as sulks gee mens redelike
moed vir die komende seisoen.
Vir die voorseisoen, dit wil sê
vir die periode September tot
middel November, word wel
bo-gemiddelde temperature
voorspel. Dit is gelukkig voor
die reproduktiewe stadium van
die somergewasse en behoort
gewasprestasie nie wesenlik
onderdruk te word nie.
OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING
Met die draai van die afgelope
seisoen, is gerugte die wêreld
ingestuur dat ons weer ’n El
Niño-tipe seisoen kan verwag, wat
gewoonlik tot sub-optimale en
soms katastrofiese gewasprestasie
aanleiding gee. Ons was redelik
in sak en as. Die belangrikste
weervoorspellingsdienste het
egter hul voorspelling intussen
verander en word daar ’n neutrale
tipe seisoen voorspel. Dié tipe
seisoen gee gewoonlik aanleiding
tot gemiddelde tot bo-gemiddelde
gewasprestasie. ’n Somer wat later
kan begin, met hoër as normale
temperature, word voorspel.
Daarna behoort dit ’n redelike
gunstige verloop van sake te wees.
Ons vertrou dat dit so sal wees.
SENWES Scenario • OKT/NOV 2017
47