Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 48

•••• DRUPP E LS OP DI E DA K Wat word voorspel vir die komende seisoen? THYS GROBBELAAR SENIOR GRAANANALIS, SENWES GRAINLINK Artikel geskryf 5 September 2017 REËNVALVERLOOP VIR DIE SEISOEN TOT DUSVER Soos bekend, begin die somer­ reënvalseisoen op 1 Julie jaarliks. Die gemiddelde reënval vir Julie vir die tradisionele Senwes-gebied is 4,0 mm en 9,9 mm vir Augus­ tus. Hierdie seisoen het ons 1,9 mm vir Julie ontvang en 0 mm vir Augustus. Vir September word daar nie veel reën vir die tradisionele gebied voorspel nie. September se gemiddelde reënval vir die tradisionele Senwes-gebied is maar 15,4 mm. Dit is egter slegte nuus vir die droëlandkoring wat geplant is. Dit kan na verwagting dus weer ’n somerseisoen wees wat weer later as normaal begin. Soos ons weet, hang die somerseisoen se sukses grootliks daarvan af of ons betyds kon plant en van die reënvalverspreiding van Januarie en Februarie. DIE STAND VAN DIE INDIKATORE VIR DIE RES VAN DIE 2016/2017 SEISOEN Die International Research Institute for Climate and Society van die Columbia University doen reeds lank intensiewe navor­sing oor die El Niño/ La Niña-verskynsel. Bostaande 46 Vroeg-Aug CPC/IRI amptelike waarskynlikheids ENSO-voorspelling. grafiek dui die verwagting vir die komen­de seisoen aan. Volgens hulle voorspelling is die kanse vir ’n El Niño-tipe seisoen laer as 20%. Die kanse is die grootste vir ’n neutrale tipe seisoen. ’n Neutrale tipe seisoen is meer geneig om aanleiding te gee tot bo-gemiddelde opbrengste in Suid-Afrika. Een van die voorlopers tot ’n El Niño/La Niña-tipe seisoen is die ENSO- indeks, wat gebaseer is op die windrigting tussen Darwin in Australië en Tahiti in die Stille Oseaan. Tans is die indeks positief, wat as sulks op ’n waarskynlike neutrale na La Niña- OKT/NOV 2017 • SENWES Scenario tipe seisoen dui. Die volgende grafiek dui die afwyking van elke tipe seisoen op die 5-jaar lopende gemiddelde opbrengs vir die tradisionele Senwes-gebied aan. Die seisoene word ook in kleur aangedui as El Niño, neutraal en La Niña. Die neutrale seisoene realiseer normaalweg gemiddelde tot bo-gemiddelde opbrengste. Een van die uitsonderings was egter die 2014/15 seisoen, waar daar ’n onder-gemiddelde opbrengs gerealiseer het. Die hoofrede was dat die gebrek aan reën gedurende Februarie, in veral die westelike distrikte.