Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 45

G R A A N MA R K V O O R UI T SIGT E Prysdrywers in die plaaslike graan- en oliesademarkte laer hierdie seisoen gaan wees. Dit het toe nie gerealiseer nie en die prys het heelwat laer gedaal. Die mielieprys het redelik die seisoenale tendens gevolg. Die verwagting is dat die Amerikaanse mielieprys tot Desember 2017 redelik sywaarts gaan beweeg. Energiepryse: Soos bekend, gebruik die Amerikaners ongeveer 35% van hulle totale mielieoes om etanol te produseer. Verskeie verande­ ring in ru-olie-ontginningsteg- nieke het daartoe gelei dat die wêreldproduksie van ru-olie skerp toegeneem het. Aan die ander kant is die aanwending van hernubare energie, soos wind, tot ’n groot skaal uitge- brei. Wêreldoordragvoorrade van ru-olie het skerp toegeneem, wat weer op sy beurt die ru-olieprys onder druk geplaas het. Die vraag na gewasse soos mielies en soja­ bone vir aanwending as hernubare energie het skerp gedaal, wat kommoditeitpryse onder druk plaas. Die Brent ru-olieprys ver- handel tans teen $53 per vat teen­ oor ’n gemiddelde prys van oor die $100 per vat vir die periode 2010 tot 2014. Gewasse soos mie- lies en sojabone kry tans nie veel ondersteuning van die heersende ru-olieprys nie. Wit- en geelmielieprystendense op die Suid-Afrikaanse beurs Met die sewende oesskatting van die Nasionale Oes­skat­tings­ komitee (NOK) vir hierdie sei­ soen, is dit duidelik dat die groot- ste oes in die Suid-Afrikaanse geskiedenis gaan realiseer. Die witmielieoes is met 146,000 en geelmielies met 297,000 ton verhoog. Soos in die 2014/15 bemarkingsjaar, word die oes net groter en groter. Dit bring mee dat, volgens die berekeninge van die National Agricultural Marketing Council (NAMC), daar ’n uitvoerbare surplus van ongeveer 2,3 miljoen ton witmie- lies en 2,1 miljoen ton geelmielies gaan wees. Om dié rede verhandel die wit- en geelmielieprys tans in die omgewing van die berekende uitvoerpariteit. Stand ten opsigte van uitvoere: Met die skryf van die artikel was daar reeds 364,100 ton witmielies en 737,900 ton geelmielies uit- gevoer. Dit is reeds die 17de week van die 2017/18 bemarkingsjaar. Daar moes al teoreties 751,900 ton witmielies uitgevoer gewees ••• • • • • het om die uitvoerbare witmielies betyds uit die land te kry. In die geval van geelmielies moes daar reeds 686,650 ton uitgevoer gewees het. Die geelmielie-uit- voere is tans redelik op koers, maar die witmielie-uitvoere is heelwat agter. Wit- en geelmielies se opebelangposisie op die JSE is ongeveer 3,55 miljoen ton vir die maande Maart 2018 tot Julie 2018. Dit kan tot gevolg hê dat die wit- en geelmielieprys vir ’n langer as verwagte periode rond­ om die berekende uitvoerpariteit vlak kan beweeg. Die volgende grafiek dui die voorraad witmielies wat by silo-eienaars en graanverwerkers geberg word aan, soos op 30 Julie 2017. Daar is ook steeds 1,22 miljoen ton witmielies gedurende Augustus by silo-eienaars en ver­ werkers gelewer, wat die voorraad in opberging nog verder kan opskuif. Dit is groot hoeveelheid witmie­lies - ver bo die 9 jaar ge­middelde voorraad wat nor- maalweg gestoor word. Koring Die kontant koringprys het drasties gedaal die afgelope maand. Die een rede is dat die Amerikaanse Harde Rooi Winterkoring(HRW) se prys dras- > VERVOLG OP BLADSY 44 Grafiek 3. Die oordragvoorraad van witmielies per maand in Suid-Afrika oor bemarkingsjare (Sagis). SENWES Scenario • OKT/NOV 2017 43