Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 44

•••• G RAA N M AR K VO O R U I T S I GT E September 2017: Markverwikkelinge THYS GROBBELAAR SENIOR GRAANANALIS, SENWES GRAINLINK Artikel geskryf 9 September 2017 DIE DOEL VAN DIE ARTIKEL IS OM ’N BREË MARKOORSIG VAN DIE BELANGRIKSTE GRANE EN OLIESADE TE GEE, AANGESIEN DAAR ’N REDELIKE TYDSVER­ LOOP TUSSEN DIE SKRYF VAN DIE ARTIKEL EN DIE PUBLIKASIE DAARVAN IS. Prysdrywers in die graan- en oliesademarkte INTERNASIONALE BEÏNVLOEDINGSFAKTORE: Wisselkoersbewegings: Die rand/dollar wisselkoers het ’n wesenlike effek op al die Suid- Afrikaanse kommoditeitspryse, aangesien die veranderlike gebruik word in die berekening van die in- en uitvoerpariteit van die onderskeie gewasse. Die plaaslike kommoditeitspryse vorm gewoon- lik tussen die berekende in- en uit­voerpariteit, afhangende van die berekende oordragvoorraad teen die einde van die bemarking­ seisoen. Met elke een sent ver- sterking van die dollar teenoor die rand verlaag die berekende invoerpariteit van witmielies met R2,24 per ton, terwyl die bereken­de uitvoerpariteit van wit- mielies met R1,68 per ton daal. Die rand het sedert 10 April 2017 tot 4 September 2017 met een rand teenoor die dollar versterk. Dit beteken dat die berekende 42 Grafiek 1. R/$-wisselkoers prysverloop. uitvoerpariteit met R168 per ton gedaal het. ’n Sterker wordende rand werk dus negatief op die Suid-Afrikaanse kommoditeits­ pryse in. Internasionale kommoditeitspryse: Groot oordragvoorrade as gevolg van relatief gunstige groeitoe- stande en deurlopende genetiese vordering wat met plantteelt gemaak word oor die grootste deel van die wêreld, plaas redelike druk op die internasionale prys van byvoorbeeld mielies, koring en sojabone. Die volgende gra- fiek dui die seisoensprysverloop van geelmielies op die Chicago termynbeurs aan. Die grafiek dui ’n skerp daling sedert die begin van Julie 2017 aan. Van die noordelike state van die VSA het gedurende die seisoen redelike droogte ervaar. Daar is gespeku- leer dat mielieproduksie drasties Grafiek 2. Die langtermyn spotprys (in c/bu) van geelmielies oor ’n seisoen op Chicago Board of Trade teenoor die 2017/18-prys. OKT/NOV 2017 • SENWES Scenario