Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 41

HA N D E L SN UUS ••• • • • • Ken jou Certisure Makelaar BRIAN BEETS AUBREY KRUGER WAT DOEN JY BY CERTISURE? Ek is ’n makelaar in die kortter- mynversekeringsektor waar ek spesialiseer in agri-, kommersiële- en wildpolisse. Ek help ook graag kliënte met die persoonlike lyne polisse. WATTER AREA DIENS JY EN WAAR IS JY GESETEL? Ek diens grootliks die Klerksdorp, Hartbeesfontein, Leeudoringstad, Wolmaransstad en Ottosdal areas en is gesetel in die Hart­ beesfontein Hinterlandtak. WAAR IS JY GEBORE EN WAAR HET JY GROOTGEWORD? Ek is gebore in Klerksdorp en het in Stilfontein grootgeword. WAAR HET JY SKOOLGEGAAN? Ek het my skoolloopbaan by Laerskool Stilfontein begin en by Hoërskool Stilfontein voltooi. WAT IS DIE BESTE RAAD WAT JY AAN JOU KLIËNTE SAL GEE? Dit sal grootliks wees dat hulle hul versekerde bedrae moet dop- hou! Vervanging van goedere het in die laaste tyd baie verhoog en sou die bedrae nie voldoende wees nie, kan dit ’n slegte nasmaak in die mond los. HOE SIEN JY JOU TOEKOMS BINNE DIE MAATSKAPPY? Ek is hard besig om myself as een van Certisure se groter makelaars te vestig. WAT DOEN JY IN JOU VRYE TYD, HET JY ENIGE STOKPERDJIES? Ek geniet die buitelewe en jag, vang vis of kamp graag. FAMILIE? Ek is getroud met ’n wonderlike vrou, Alanda, en het 2 kinders, Lehanke en Ryan, vir wie ek berge sal versit. Innoverend SOMERWEIDING SOMERWEIDING SOMERWEIDING Kwaliteit Genetika Die alles-in-een saadverskaffer Voersorghum • All Sweet: Ultra-laatblom sorghum x sudan baster • BMR: Sorghum (BMR) x sudan • Jumbo: Ultra-laatblom sorghum x sudan baster • K2 Sudan: Sudan x sudan • Nutritop Plus: Ultra-laatblom soet-sorghum (BMR) x sudan • PAC 8288: Sudan baster • Sentop: Sorghum x sudan • Sugargraze: Soet-sorghum x soet-sorghum baster • Sweet Green: Soet-sorghum x soet-sorghum baster • Babala: Pennisetum • Nutrifeed: Pennisetum baster Posbus 159, Oudtshoorn, 6620, Suid-Afrika • Tel: 044 203 9800 • Tel: 018 293 1233 • Tel: 010 140 0839 • Tel: 012 252 6849 • www.saadbemarking.co.za Verdien gratis AgriBonus punte eksklusief verkrygbaar vanaf K2 Saad. KKSB is 'n vennoot van Agribonus. Tel: 012 843 5660. 39