Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 26

•••• SCHWEIZER-RENEKE: SENWES EQUIPMENT HA N D E LSN U U S Jaco Vosloo: agtermekaar werkende voorman JACO VOSLOO IS NET DIE REGTE PER­ SOON VIR ALLE SENWES EQUIPMENT KLANTE EN VOORNEMENDE KLANTE IN DIE SCHWEIZER-RENEKE-GEBIED. AUBREY KRUGER D U landbouvennoot die afgelope 20 jaar Kontak ons gerus vir u brandstofbehoeftes en smeermiddels. Bertus van Sandwyk 082 906 2309 Smittie Smit 082 783 8470 LK Jonker 082 784 1666 Corne’ van der Walt 082 808 8830 Bothaville l Bultfontein Koppies l Vredefort l Welkom ie agtermekaar werkende voorman is daar­ op uit om die klandisie te behou en die weg te baan vir ’n rooskleurige toekoms vir klante by Senwes Equipment. Die 35-jarige het ’n span van agt personeel wat homself, twee ander tegnici, Jaco Holloway en Gerrit Meyer, insluit asook leerling tegnikus Jaco Janse van Rensburg. Deel van die span sluit ook werkkaartklerk Christal de Lange en algemene werkers William Mogale, Johannes Marumo en Basie Headman in. Jaco vertel dat hulle ’n top diens lewer, goed opgeleide tegnici in diens het, en altyd daar- na strewe om selfs nog beter diens te bied. Probleemoplossing is die kruks: “As ’n klant ’n probleem het, los ons dit vir hom op. En dan ska- kel ons die probleem vir die toekoms uit.” Jaco het ook baie ervaring - hy werk reeds sedert 2016 as werkende voorman by Senwes Equipment in Schweizer-Reneke. Daarop het hy ook amper nog ’n dekade se ondervinding agter sy naam waar hy by Suidwes werksaam was. Hoewel hy in Klerksdorp gebore is, is hy in murg en been deel van die distrik en het self Laer- en Hoërskool Schweizer-Reneke bygewoon, waar hy in 1999 gematrikuleer het. Hy beskryf die produsente in die gebied as vriendelik, hulpvaardig en absoluut fantastiese mense. “Soos ’n boeregemeenskap moet wees,” sê hy passievol. Jaco is ook deur-en-deur ’n gesinsmens en is al 13 jaar met Louise getroud. Hulle het drie kinders Jaco (11), Stephanie (10) en Leanie (4). Oor die toekoms sien Jaco uit na nog vele jare diens by Senwes Equipment, waar hulle sal aan- hou om uitstekende diens te lewer, en die belofte om alle struikelblokke uit die weg te ruim, sal nakom. En wat meer as dit wil ’n klant nou hê! 24 OKT/NOV 2017 • SENWES Scenario