•••
• •
N UUS • •
SENWES PRODUSENTE
deel in die voordele van
DIT IS NOU PRESIES ‘N
JAAR SEDERT SENWES
DIE AGRIREWARDS UIT
GESTELDE BONUSSKEMA
OP VERSKEIE PLATFORMS,
ASOOK IN DIE SENWES
SCENARIO TYDSKRIF
GELOODS HET.
AUBREY KRUGER
M
et die 2016/2017 sei
soen op sy rug, het talle
Senwes produsente wat graan oor
die afgelope jaar gelewer het, al
vir die uitgestelde bonusskema
geregistreer. Die aantal produsente
groei steeds en AgriRewards is
werklik ‘n treffer onder graanpro-
dusente sedert Pierre van Eeden,
van die plaas Heuninglaagte in die
Edenville distrik, die heel eerste
produsent geword het om aan te
sluit. Daar is reeds oor hom berig
in die Desember 2016/Januarie-
uitgawe van 2017 Senwes Scenario.
R52 MILJOEN WORD TOEGEKEN
Senwes kan ook nou met trots
aankondig dat die direksie ’n
bedrag van R54/ton aan elke
geregistreerde graanprodusent
toegeken het vir alle graanlewe
rings by Senwes silo’s. Dit beteken
dat Senwes ’n bedrag van R52
miljoen vir die 30 April 2017
finansiële jaar toegeken het.
Hierdie Senwes AgriRewards
uitgestelde bonusskema bied aan
alle klante van Senwes Grainlink
die geleentheid om goeie uitgestel-
de bonusse te verdien en om die
voordeel daarvan te kan benut.
Goeie nuus is dat die bonus ook
jaarliks sal akkumuleer tot die
mate waartoe die klant besigheid
met Senwes doen.
Dié vrywillige skema kan vir
deelnemende klante wat hulle
graan by Senwes se silo’s lewer, ’n
addisionele bedrag per ton in die
sak bring vir alle grane en oliesade
wat gelewer word.
Die basis van die AgriRewards
voordele en deelname deur ander
besigheidseenhede in die toekoms
sal jaarliks deur die direksie bepaal
en afgekondig word. Klante sal
ook die opgelope bonusvoordele
kan aanwend as sekuriteit vir
addisionele kredietfasiliteite by
Senwes Credit en sal sodoende
hul beleggings optimaliseer.
SELFS MEER KLANTE VIND
BAAT IN 2018
Besighede wat vir die 2018
finansiële jaar kwalifiseer, sluit
in graanverkope aan Senwes,
graanlewerings aan Senwes silo’s,
aankope van nuwe heelwerktuie,
onderdele en die gebruik van
werkswinkels by Senwes, asook
rentedraende transaksies by
Senwes Credit. Enigeen wat met
hierdie bedrywe besigheid doen,
kwalifiseer vir deelname.
A
gri
rewards
OPBRENGS OP LOJALITEIT
MAKLIKE REGISTRASIE
Die gebruiksvriendelike uitgestel-
de bonusskema bied ’n maklike
registrasieproses, asook toegang
vir klante op elektroniese plat-
forms, wat onderhewig is aan
die aanvaarding van die terme en
voorwaardes.
Indien daar ander klante is wat
vir AgriRewards in aanmerking
wil kom, kan hulle die maklike
registrasieproses volg.
Om te registreer, besoek net
die volgende skakel: www.agri-
rewards.co.za, waar nog meer
besonderhede beskikbaar is.
’n Ander maklike opsie vir
registrasie is om AgriRewards en
jou ID-nommer te sms na 31022.
Alternatiewelik kan jy jou naaste
graanverkryger of sleutelrekening
bestuurder kontak. Registrasie
vir die bonus vir die April 2018
finansiële jaar sluit op 31 Maart
2018.
Senwes beloon sy lojale klan-
te op dié manier. Word deel
van hierdie uitgestelde bonus
skema, word deel van Senwes
AgriRewards!
*Deelname is nie outomaties nie
en klante moet spesifiek vir die
skema registreer. Indien u vir die
2017 finansiële jaar geregistreer
het, sal u outomaties vir
die 2018-toekenning
kwalifiseer, tensy u
spesifiek deregistreer.
SENWES Scenario • OKT/NOV 2017
23