Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 22

••••
20
HANDELSNUUS
Verhoog mielieverdienste deur plaasvoerkraal > VERVOLG VAN BLADSY 16
te wees , wat die oorweging van alternatiewe regverdig .
Gegewe inligting beskikbaar ten tye van hierdie skrywe , blyk die realisering van verlangde netto gelykbreek mielieprys moeilik haalbaar te wees .
Gebaseer op vermelde syfers en op die veron der stelling dat oor die 250 speenkalwers ( eie aanteel ) beskikbaar word vir afronding , kan die potensiële finansiële effek ( voordeel ) op die totale boerdery-eenheid in die orde van R309 000 beloop in die geval van die 3.5t / ha scenario . In hierdie geval word nagenoeg 58 hektaar mielies deur die voerkraal benut . Vanuit die berekeninge soos opgesom in Tabelle 3 & 4 , is dit duidelik dat ’ n wesenlike verhoging in die bruto marge van minstens ’ n gedeelte van die mielievertakking moontlik is en dat die plaasvoerkraal wel ’ n opsie is om te oorweeg , veral in gevalle waar die langtermyn gemiddelde opbrengs < 4t / ha is . Bepalende faktore , afgesien van prys en opbrengs , is die aantal speenkalwers beskikbaar vir afronding , asook die produsent se aptyt vir en kennis van voerkraalbestuur .
Elke produsent se situasie is egter uniek - gevolglik word aanbeveel dat berekeninge daarvolgens aangepas en besluite daarop gebaseer word .
OKT / NOV 2017 • SENWES Scenario

Vir Johan Vosloo is afstand net ’ n getal

J ohan Vosloo is Senwes se graanbemarkingsadviseur in die Schweizer-Reneke omgewing . Die 40-jarige , wat al sedert 2014 by Senwes werk , voel baie tuis in die boerderyomgewing . Hy is by Hartbeesfontein gestasioneer en hanteer ’ n groot area wat van die Klerksdorp / Hartbeesfontein gebied strek en het selfs klante tot teen die Botswana grens .

Vir hom is die produsente in Schweizer-Reneke , waarop die fokus in hierdie uitgawe val , regtig almal gewaardeerde produsente van Senwes .“ Dit gaan goed met Senwes in die gebied . Ons het baie graan uit die Schweizer- Reneke distrik vanjaar gekoop ”. Hy noem ook dat die klante hier minder is om dat jy eintlik met maatskappye werk , wat megaboere is . Hier is selfs 53 000 ton graan by hulle grootste klant gekoop .
Die lang en groot man , wat in sy dae duidelik slot gespeel het , is hier om regtig ’ n verskil te maak – “ Ek kan regtig ’ n verskil in produsente se lewens maak met die regte advies en strategie besprekings maar wat meer belang rik is , is om ‘ n bydrae te maak op produsente se netto boerdery inkomste . Juis dit verseker ’ n omgewing van volhoubare boer dery praktyke en ’ n nalatenskap vir die geslagte wat nog op die plaas moet kom boer in hierdie uiters mededingende besigheid waarin saaiboere se winsmarges tans onder geweldige druk verkeer . Van rugby gepraat , die slot
GRAANBEMARKINGSADVISEUR
het selfs vir drie jaar op skool Cravenweek rugby gespeel . Na skool was hy ook ‘ n onderwyser en deel van sy pligte was om rugby af te rig , waar hy vanaf 2007 tot 2014 by KHS rugby betrokke was . Johan is al 12 jaar met Amelie Vosloo getroud , wat ook ’ n Senwester en hulle het twee dogters , Zané ( 7 ) en Amelie ( 4 ).
Hy het aanvanklik eers net die Hartbeesfontein en Ottosdal omgewing gediens , waarna sy gebied die laaste paar jaar uitgebrei het soos wat die nasionale voetspoor van Senwes vergroot het . Sy uitkyk was nog altyd op die lang termyn gerig en net dit sal op die einde van die dag water dra . Sport en studies het ‘ n belang rike rol gespeel in sy lewe en dit het hom baie dinge , veral dissipline geleer .
Hoewel hy ‘ n groot area bedien is hy net sowat 130km van Schweizer-Reneke af vanwaar Hartbeesfontein Silo geleë is . Vir hom is afstand net ’ n getal en kan hy klante oral diens : “ Afstand maak nie dat jy nie ’ n klant kan diens nie .” Vir hom moet jy ’ n 21ste eeuse mentaliteit hê en sy klante word dieselfde gediens , ongeag die afstand of die grootte van sy boerdery . En van afstand ken hy beslis , met Johan wat in sy jonger dae ook in atletiek presteer het en die spies oor die 80 meter ver kon laat grondvat . En so kan produsente gerus wees dat Johan alle afstande sal oorbrug om sy klante tevrede te stel .