Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 16

••••
HANDELSNUUS

PLANTTYD is hier

DIE WINTER IS VERBY EN ONS SIEN UIT NA DIE KOMENDE SOMERSEI­ SOEN . TYD SAL LEER HOE DIE SEISOEN GAAN VER­ LOOP , MAAR DIS BELANG­ RIK DAT DAAR REG BEGIN MOET WORD . DIT IS NIE ALTYD MOONTLIK OM FOUTE WAT VOOR OF GEDURENDE DIE PLANT­ PROSES GEMAAK IS , REG TE STEL NIE .
GERRIT OOSTHUIZEN
GROND
• Is die gronde ( lande ) gekarteer – fisies en chemies ?
• Is die nodige regstellings gedoen ?
• Is die opbrengspotensiaal van die verskillende lande / sones bekend ?
• Moet lae-potensiaalgronde nie aan kontantgewasproduksie onttrek word nie ?
• Hoe lyk die verskillende lande se grondwaterstatus ? Natter lande kan eerste geplant word , terwyl die droër lande nog tyd gegun word om reën te ontvang voor dit geplant word . ’ n Grondboor is handig om te kyk wat die grondwaterstatus in die grondprofiel is .
PRESISIEBOERDERY In vorige uitgawes van die Scenario is daar breedvoerig oor presisieboerdery berig en wat dit behels , dus gaan dit nie nou weer in diepte behandel word nie .
KULTIVARKEUSE Daar is ’ n groot verskeidenheid kultvars tussen al die saadverskaffers beskikbaar – maak seker dat die kultivar ( s ) wat gekies word , aangepas is vir die betrokke omgewing en opbrengspotensiaal . Maak ook gebruik van die MIELIE-INLIGTINGSGIDS ( MIG ) wat jaarliks deur die LNR- Instituut vir Graangewasse uitgegee word om ’ n ingeligte besluit te neem . Indien “ nuwe ” kultivars oorweeg word , beproef dit eers op ’ n beperkte skaal . Om risiko te beperk , is dit goed om altyd ’ n kultivarpakket te gebruik .
PLANTDATUM Plantdatum is ’ n belangrike aspek by die suksesvolle verbouing van gewasse . So byvoorbeeld behoort die grondtemperatuur bo 15 ° C te wees voordat mielies geplant word en is die ideale grondtemperatuur 18 ° C . By temperature laer as 10 ° C ontkiem mielies nie . Plantdatum moet , as dit moontlik is , aangepas word sodat mielies nie gedurende ’ n moontlike mid-somerdroogte in die blomstadium is nie .
Sonneblom ontkiem by 4 ° C , maar optimale ontkieming en
14
OKT / NOV 2017 • SENWES Scenario