Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 13

••• • • K O L L IG • • ‘n Ou Ford van een van die vorige generasie Johanne verleen ‘n bietjie nostalgie aan die plaas. dat jy nooit beter as ’n ander is nie, en ook nie iets van ’n ander verwag wat jy nie self bereid is om te doen nie. Hy het vir 10 jaar, tot 2015, saam m et sy pa geboer en gebruik sy pa steeds in ’n raadge- wende hoedanigheid en sê: “Dit lekker om so ’n goeie klankbord te hê.” STAATMAKER PERSONEEL Boeta besef dat jy nie alles alleen kan doen nie. Hy maak staat op elkeen van sy 45 werkers. Hy steun veral op sy plaasbestuurder, Pieta Pretorius, Mario Roussado wat die trekkers in stand hou en klein Mario Roussado en Herman du Plessis wat met die beeste werksaam is. Selfs van die werkers se pa’s het vir sy oupa en pa gewerk. Baie van dié se kinders, saam met wie hy op die plaas gespeel en grootgeword het, werk vandag saam met hom, met nog ’n gene­ rasie ook reeds op pad. Daar is ses werkers wie se voorsate hier ge­­ werk het - Abram Mboyo, George Botshelo, Basta Molefe, Mannetjie Mmosakga, Abraham Dithebe en Abraham Lehihi wat die tradisie voortsit. Hy voel dat werkers ook ’n sê het: “Hulle is juis die manne wat moet praat. Ons is net oor die 20 000 produsente, maar met ons Die Van Wyk familie met Boeta, sy vrou Trudie en hul twee kinders Johan (1) en Dihani (5). personeel is ons oor die 200 000 wat ’n sê het, wat groter slaankrag beteken. As daar waardetoevoe­ ging in die gebied plaasvind soos fabrieke en aanlegte sal alles deursyfer na die werkers. Almal van ons het ’n groter visie en die ouens wil saamwerk om ’n beter toekoms te bou.” SENWES By Senwes Credit kry hy krediet vir sy produksiemiddele. Hy het baie trekkers en van groen gepraat, hy is al jare ’n John Deere klant. Onder sy vloot tel ’n John Deere 4630 spuit, ’n 6430 trekker, twee 6930’s, ’n 8430 en ’n S660 stroper met fleksietafel, sowel as twee 8300 trekkers van 1996 wat al oor die 20 000 ure elk oor die afgelope 21 jaar geklok het. Hy voel dat takbestuurder Waldo Venter regtig hard probeer om Schweizer-Reneke op die kaart te plaas en is baie gelukkig met sy diens - hulle het nog nooit langer as 24-uur vir parte en onderdele gewag nie. “Dit skep vertroue in die produk en maak ’n groot verskil,” sê Boeta. VOORSITTER Boeta is ook buiten sy werk op die plaas, al die afgelope vyf jaar > VERVOLG OP BLADSY 12 SENWES Scenario • OKT/NOV 2017 11