••••
AREA F OK U S
Al S(ch)waaiend en reënend na
Schweizer-Reneke
ONS IS MIDDE-IN DIE
LENTE EN HOPELIK
SEËN DIE VOLGENDE
REËNSEISOEN ONS
BEHOORLIK. ONS IS DIÉ
KEER OP REIS MET DIE
NOORDWES DORPIE
SCHWEIZER-RENEKE IN
ONS VISIER.
AUBREY KRUGER
D
ie fokus op uitspraak is
belangrik - hierdie dorpie
se naam word as ‘Schweizer-
‘Reën’eke uitgespreek en nie as
‘Rey’neke nie, vertel kenners in
die gebied. Gelukkig is hierdie
skrywer ’n Noordwester en het
gelukkig nie in dié valstrik getrap
nie.
KRUGER MILJOENE
Maar vir die res moes ons bietjie
6
dieper gaan delf. Delf is die regte
woord om te gebruik, omdat
spoeldiamante ’n prominente rol
in die gebied speel en daar al baie
groot en blink klippies in die ge
bied gevind is. Dit is Schweizer se
Kruger miljoene, hoewel sommige
beweer dat selfs die ware Jakob
ook hier iewers begrawe is.
Hoe dit ook al sy, die dorpie het
sy ontstaan in 1885 gehad en is
vernoem na kaptein Schweizer
en veldkornet Reynecke, wat in
’n skermutseling met ’n plaaslike
stam omgekom het. Beelde van
beide is in ook die dorpie te siene.
DIE TAKGESKIEDENIS
Hinterland takbestuurder by
Schweizer-Reneke sedert 2016,
Waldo Venter, vertel dat die eerste
Senwes-tak in 2007 hier geopen
is en in Schweizerstraat geleë was,
soos jy die dorp binnekom.
In 2010/2011 is die huidige
onderdelewinkel aangekoop, met
verandering wat vroeg in 2012
aangebring is. Die eerste onder-
deletransaksies het in daardie
OKT/NOV 2017 • SENWES Scenario
selfde jaar plaasgevind. Waldo sê
dat die huidige tak in Buitenstraat
in Augustus 2016 ook drasties
vergroot is, van ’n area van slegs
25m² met twee rakke tot en met
200m². Selfs die stoorgedeelte
is in die proses van 500m² na
900m² vergroot. Die onderdele en
werkswinkel is nog steeds in die
voorste gebou.
Waldo steun baie op sy 25
kollegas. Hier moet mens veral
kophou met die aantal Jaco’s by
die werkswinkel - Jaco Vosloo
(werkende voorman), Jaco
Holloway (werktuigkundige), Jaco
Janse van Rensburg (vakleerling),
Gerrit Meyer (werktuigkundige)
en algemene werkers William
Mogale, Johannes Marumo en
Basie Headman, werkkaartklerk
Christal de Lange en drywer
Robert Motupi. By onderdele
is daar Corné Kemp (onder-
delehoof ), Kobus du Plessis
(verkoopsklerk), Henco de Lange
(verkoopsklerk) en Paul Kgatlane
(verkoopsklerk). Stoorpersoneel is
Willem Coetzer (terminaalklerk),