••••
PR O MO SIE -A RT IK E L
K-Rain
bevorder effektiewe
waterverbruik
K
-rain is een van die voorste vervaardigers
van geoutomatiseerde tuinbesproeiing
stelsels in die wêreld. Die volledige reeks sproeiers,
beheermeganismes en kleppe vir die residensiële en
kommersiële besproeingsmarkte is nou beskikbaar.
K-Rain se gevorderde ontwerp- en vervaardi
gingspan het seker gemaak dat K-Rain produkte
die maklikste is om te installeer, op te stel en te
gebruik. Dit word gerugsteun deur meer as 100
patente en meer as 40 jaar se bedryfsondervinding.
Daarbenewens word K-Rain produkte ook
gerugsteun deur die sterkste waarborgprogram in
die besigheid, wat die nodige vertroue skep onder
verspreiders en kontrakteurs wanneer hulle K-Rain
produkte installeer.
K-Rain het oor die afgelope 10 jaar beduidende
vordering gemaak in die ontwikkeling van pro
dukte wat effektiewe waterverbruik bevorder.
As ’n aktiewe EPA Water Sense vennoot, is hulle
toewyding tot die vervaardiging van hoë-prestasie,
lae-waterverbruik en ekonomiese residensiële en
kommersiële besproeiingsprodukte noodsaaklik as
teenvoeter teen die uitdagings met betrekking tot
globale watertekorte.
K-Rain moedig die herbenutting van materiale
terug na die markplek of natuur aan en ons
evalueer deurlopend ons vervaardigingsprosesse
om K-Rain se
omgewingsimpak te
verminder.
K-Rain sal teen
Desember by Hin
terlandtakke beskik
baar wees. Klante kan hul naaste
Hinterlandtak vir meer inligting
skakel.
RPS 75i met Intelligent Flow Tegnologie
Die RPS 75i rotor is 'n nuwe toevoeging
tot K-Rain se reeks rotors en is ontwerp
vir residensiële en ligte kommersiële
toepassings. Met die RPS 75I, word
watervloei proporsioneel met die druk
van 'n knoppie van die gepatenteerde
Flow Shut-Off beheer - tot 50%. Die RPS
75i verseker egalige waterverspreiding,
voorkom droë kolle en verskaf beter
soneprestasie, terwyl dit water bespaar.
54
OKT/NOV 2017 • SENWES Scenario