Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 55

••• • • KO S V IR D IE SIE L • • Hoe praat jy? LEES: Spreuke 15 EEN VAN DIE EIENSKAPPE WAT MENSWEES UNIEK MAAK, IS DAT ONS KAN PRAAT. DAT ONS NIE NET WOORDE VIR VERSKILLENDE BETEKENISSE GEBRUIK NIE, MAAR DAT DIE WYSE WAAR­ OP ONS DIE WOORDE SÊ, OP SIGSELF VAN WAARDE IS. INTONASIE EN VERAL LIGGAAMSHOUDING, STAAN NIE LOS VAN DIE KOMMUNIKASIEPROSES NIE. OOK IN DIE BYBEL WORD BAIE KLEM GEPLAAS OP WAT ONS SÊ, EN HOE ONS SÊ. S preuke 15 het nogal iets oor ons praatgewoontes te sê: Reeds in die eerste vers word ’n belangrike stelling gemaak. “’n Sagte antwoord laat die woede bedaar; ’n krenkende woord laat woede ontvlam.” Die waarheid van hierdie stelling sal elkeen met lewenservaring kan beaam. Hoe dikwels bevind ons onsself nie in ’n konfliksituasie waar woorde roeke­ loos rondgeslinger word nie. Die gevolg daarvan is dat ons dikwels agterna verskoning vir ons optrede moet vra. Tog kry mens diegene wat oor die sonderlinge vermoë beskik om kalm en in beheer van DS. WILLIE BOTHA hulle emosies te bly. Hierdie persone kry reg wat Einstein by geleentheid na verwys het - dat om ’n probleem op te los moet die oplossing op ’n hoër vlak plaasvind as wat die konflik in die eerste instansie ontstaan het. Om kwetsend in die hitte van die stryd te praat, het waarskyn­ lik tot gevolg dat ons nie goed luister nie, en ons dikwels ons eie selfsugtige behoeftes eerste wil stel. Ons wil ons uitdruk ten koste daarvan om inligting in te neem. Konflik kan ’n geleentheid wees om die verhouding te laat groei, maar min dinge kan meer destruktief wees as swak hanteerde konflik. Sagpraat is nie ’n teken van swakheid in konflik nie, maar iemand wat beheer oor sy of haar kommunikasie kan uitoefen. Net ’n bietjie verder in vers 4 word dieselfde gedagte verder gevoer: “Kalmerende woorde bring lewe, skynheilige woorde breek mense.” Dit is insiggewend hoe die Bybel vir Almal dit ver­ taal: “Wanneer iemand praat om dit beter te laat gaan, dan laat hy mense lewe, maar wanneer hy dinge sê wat vals is, dan maak hy mense moedeloos.” Ons kan praat om dit beter te laat gaan. Agter hierdie stelling van die Spreukedigter hoor ons ’n ander ingesteldheid. Die agenda van hierdie persoon is om op te hef. Om te kalmeer, en die situasie te ontlont. Daarteenoor is iemand wat skynheilig is, vals, en hy maak mense moede