Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 51

••• • • KO L SK O O T • • Jagseisoen is verby... tot volgende jaar JAN-LODEWYK SERFONTEIN EN SO, IN ‘N OOGWINK, IS 2017 SE JAGSEISOEN OOK IETS VAN DIE VERLEDE. WAAR EN WAT HET JY ORAL GEJAG DIE JAAR EN HOE HET JOU JAG VERLOOP? JOU BOKKE, JOU SKOTE, DIE STORIES OM DIE VUUR EN AL DIE LEKKER HERINNERINGE! WAT MAAK DAT ONS JAAR NA JAAR WEER TERUG JAGVELD TOE WIL GAAN? M eeste jagters se rede om volgende jaar weer terug jagveld toe te gaan, verskil van mekaar. Almal het nie ewe suksesvolle jare agter die rug nie. Jou jagseisoen kon een groot suk­ sesverhaal gewees het. Maar jy kon dalk geweerprobleme in die veld ervaar het. Dalk het jy geleer dat jou kaliberkeuse nie geskik was vir die terrein waar jy gaan jag het nie. Dalk het die koeël waarmee jy gejag het, nie vir jou die gewenste uitwerking gegee nie. Heel moont­- lik het die trofee wat jy elke jaar soek, jou weereens ontduik. En daarom gaan jy volgende jaar terug om weer te probeer. Die jaar het ek my jag in die bosveld naby Swartwater afgesluit. Na die jaar se goeie reënval was die gras lank en die bos baie ruig. Dit was van die begin af duidelik dat ons nabyskote sal skiet en ook nie maklike skote sal skiet nie. Staanposisie sal die aangewese posisie wees en dalk met gras en bosse in die pad. Daarom het ons op 70m ingeskiet, en ook uit die staanposisie ingeskiet om seker te maak ons is gemaklik met die posisie en die afstand. Die eerste bok wat ek ’n skoot op kon skiet, was laat middag na ’n lang dag se stap. Al wat ek op 60m kon sien van die rooibok was sy kop. En ook net as hy sy kop optel om te herkou, so tussen die gras, takke en blare deur. Nadat ek my posisie ingeneem het op die skietstokke, was ek seker van my skoot op die kort afstand. Ek skiet met die regte kaliber vir die bosveld, my posisie is gemakilk vir my en my geweer in ingestel op die kort afstand. Nou moet ek net die skoot reg laat afgaan. Volgende jaar sal ek weer terug gaan bosveld toe. Maar volgende jaar wil ek my toerusting verander en gaan toets. Ek wil gaan toets of my toerusting beter kan werk as wat dit die jaar gedoen het. Hopelik kan ek weer ’n rooibok op 60m raakloop. En hopelik sal die geleentheid weer daar wees vir ’n kopskoot. Maar volgende jaar wil ek met ’n ander kaliber in die veld wees. Ek wil ’n ander koeël in my geweer hê, en ek wil sien of die ander koeël nie die werk beter kan doen as die een wat ek die jaar gebruik het nie. My beplanning vir volgende jaar se jag het reeds begin. Waar ek volgende jaar wil gaan jag en wat ek graag wil jag. My kaliber en koeël wat ek volgende jaar mee wil jag, moet op besluit word en uitgetoets word. Voor ek bosveld toe gaan moet ek seker maak dat my beplande verandering ’n ver­ betering is. Maar wat maak dat ek volgende jaar weer my gewere sal afstof en my messe begin slyp? My toerus­ ting gaan toets in die veld en kyk of die vervaardigers se bemarking wel korrek is? Sekerlik is jou guns­ teling geweer en jou skoot wat jy gaan skiet deel van jou rede. Maar die volgende paar ervarings is die rede hoekom die veld vir my lek­ ker is en ek jaar na jaar terugkeer. ’n Vuur onder maanlig en sterre is ’n gevoel wat jy nie in woorde kan omsit nie. Om deur die aand wakker te word van die jakkals se getjank en die sterre te sien is meer as net iets wat jy sien en hoor. ’n Oggendkoffie vanaf die vuur, roosterkoek en vars lewer op die kole. En om by ’n bok te sit, stil te word en te besef dat jy die mag gegee is om oor lewe en dood te besluit. Hierdie oomblik­ ke kan jy nie verwoord nie. Jy kan dit net ervaar. En daarom sal ek volgende jaar weer terug wees in die jagveld. SENWES Scenario • OKT/NOV 2017 49