Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 46

••••
GRAANMARKVOORUITSIGTE
September 2017 > VERVOLG VAN BLADSY 43
ties gestyg het na aanleiding van die droogte wat in die noordelike state van die VSA geheers het . Hoe hoër die HRW koringprys , hoe laer is die berekende invoertarief wat bereken word en wat gebruik word in die berekende invoerpariteit wat gewoonlik reflekteer in die JSE koringprys . Die Amerikaanse HRW koringprys en die JSE koringprys het gelukkig gestabiliseer . Die invoertariefberekeninge moet egter fyn dopgehou word . Dit kan geraadpleeg word op Sagis se webblad .
Grafiek 4 . Amerikaanse Harde Rooi Winter en Safex-kontantkoringprys .
44
Oliesadekompleks :
Sonneblom en sojabone : Na aanleiding van die sewende oesskatting van die NOK , bereken die NAMC dat die bereken de oordragvoorraad van sonneblom oor die 192,000 ton vir die bemarkingsjaar kan wees . Die sonneblomoesskatting is aansienlik hoër aangepas . Die sonneblom prys wat tans realiseer op die JSE is laer as die berekende afgeleide invoerpariteit . Relatief groot oordragvoorrade en verwagte uitbreiding in die oppervlakte is die hoofredes .
Die meegaande grafiek dui die seisoenale prystendens van sonneblom aan . Die NOK dui ’ n verwagte oes van 870,095 ton aan en die NAMC dui ’ n berekende oordragvoorraad van 142,000 ton aan . In die geval van beide sonneblom en sojabone bestaan die persepsie dat die aanplantings redelik uitgebrei gaan word die komende seisoen . Die ooraanbod van mielies en gevolglike lae prys is die hoofredes . Beide die sonneblom- en die sojaboonprys sal vanjaar waarskynlik stadiger styg na Desember as ander jare . Volgens die berekeninge van die
OKT / NOV 2017 • SENWES Scenario
Grafiek 5 . Die langtermyn seisoensprysverloop van die sonneblom ( Spotprys ) op Safex .
NAMC , gaan ons eindig met ’ n oordragvoorraad van 223,662 ton . Die sojaboonaanbod is hoër as die vraag en daar sal waarskynlik ongeveer 30,000 ton uitgevoer moet word . Die sojaboonprys verhandel tans ook laer as die berekende uitvoerpariteit . Die verwagting is dat die seisoenale tendens gevolg gaan word . Ook in die geval van oliesade moet die produsent in voeling bly met sy graanbemarkingsadviseur .
OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING Die huidige prysvlak van al die somergewasse is tans steeds onder groot druk . Die someroes word met elke NOK-skatting groter , veral ten opsigte van die mieliesituasie . Ons hoop en vertrou dat veral mielie-uitvoere op dreef sal kom , sodat die oordragvoorraad kan daal en pryse kan herstel . Dit is veral ten opsigte van witmielies waar daar gesukkel word om buitelandse markte te skep . Witmielies is nie ’ n gewilde dierevoer in die buiteland nie en die plaaslike witmielieverbruik is baie onelasties . Dit beteken dat ’ n goedkoper witmieliemeelprys nie noodwendig aanleiding gee tot ‘ n drasties verhoogde menslike verbruik nie .
Alhoewel daar op hierdie stadium nie wonderwerke bewerkstellig kan word met bemarking nie , moet die produsent in voeling bly met sy graanbemarkingsadviseur . Planne kan bedink word om die lae prys tot die beste van die produsent se vermoë uit te bestuur .