Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 43

' N B O E R MA A K '   N PL A N • • ••• • • ’n Leegte in jou bestaan LEES: Prediker 2:1-11 WANNEER ‘N MENS NA PREDIKER 2:1 TOT 11 KYK, ONTMOET ONS ‘N MAN WAT GROOT ONDER- NEMINGS AANGEPAK HET - HY HET WINGERDE AANGEPLANT EN HUISE GEBOU. ‘N MENS TEL AMPER ‘N DRINGENDE ONDERNEMINGSGEES OP AS JY SIEN HOE HY TUINE, PARKE EN VRUGTE- BOORDE AANGELÊ EN LEIDAMME DAARVOOR GEBOU HET. E k is seker dat so ’n persoon groot bewondering en res­ pek by sy omgewing sou afdwing en dat hy aan die einde van sy lewe met groot genoegdoening kon terugkyk na alles wat hy ver­ mag het. Maar dan word ons ver­ ras in vers 11: “Maar toe ek goed nadink oor alles wat ek gedoen het en oor alles waarmee ek my met soveel sorg besig gehou het, DS. CAREL BOTMA het ek gesien dat alles niks was, ’n gejaag na wind. In hierdie wêreld bevredig niks”. Nie eens wyn nie! Net in die vorige gedeelte het ek gepraat oor die ontevredenheid en onvergenoegdheid waarmee ons so dikwels worstel. Dit is iets wat ervaar word deur mense wat minder het, maar ook deur die­ gene wat baie het. Ja, daar is goeie oeste en die vee is vet. Dit gaan goed by die werk en my besigheid toon goeie winste. Die kinders presteer goed op skool. Almal in die huis is gesond en ons gaan gereeld met vakansie. Maar tog maak niks my meer regtig bly nie - nie eens meer ‘n duur geskenk nie. Dit is asof daar die hele tyd iets kort en jy kan jou vinger nie daarop lê nie. Jou lewe voel leeg, nutteloos en doelloos. Alles is gegiet in ‘n vervelige en dodelike siklus. En soms kom lê ‘n vreemde weemoed en hartseer oor jou. Die antwoord: Jy soek dalk na inhoud in jou lewe! Toe ek ’n tyd gelede die aard van stres aan jou verduidelik het, het ek onder andere gesê dat die mens voortdurend bronne (voorwerpe, besittings, mense, gesondheid, ensovoorts) bymekaarmaak en dat hierdie bronne baie belangrik is, want dit bepaal nie net jou plek in die samelewing nie, maar ook jou identiteit. Op sigself is daar niks mee verkeerd nie, maar die probleem kom in wanneer jou bronne die enigste bepaler van jou identiteit word. Meer nog, ons raak koorsagtig in die ver­ meerdering van ons bronne, want dit maak ons meer aanvaarbaar vir die gemeenskap. En wanneer diewe, siekte, droogte, dood, ensovoorts dreig om jou bronne te verminder of selfs te vernietig, dan word jou identiteit, jou aan­ vaarbaarheid vir die samelewing en dan by implikasie ook jou plek in die samelewing, bedreig. En dit maak die mens geweldig angstig! Die voortdurende risiko om die belangrike bronne in jou lewe te verloor en daarom ten alle koste te probeer beskerm, is so uitputtend dat jy die gevaar staan om emo­ sioneel uit te brand. Jy is so moeg gepresteer!! Alles is ’n gejaag na wind... in hierdie wêreld bevredig niks. Op ‘n dag vra mens jouself die verdoemende vraag: Wie is ek werklik? Ek was die heeltyd so besig om my identiteit te bou rondom dit wat sosiaal aanvaar­ baar was, dat my ware identiteit nooit die geleentheid gehad het om spontaan te ontwikkel nie. En wanneer die mens aan sy identiteit ontbreek, is sy lewe leeg. Die lewe het sy sin, rigting en betekenis verloor. En niks kan dit volmaak nie. Jy bevind jou op ‘n eensame pad… SENWES Scenario • OKT/NOV 2017 41