Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 40

•••• RUBRIEK

Safex Scenario ’ s met Susari

SUSARI GELDENHUYS
38
INLEIDING Suid-Afrikaanse graanpryse is bekend daarvoor om besonders volatiel te wees weens onsekerheid oor wat die toekoms mag inhou vir die graanmark . Toekomstige voorraadvlakke , invoere , hektare aangeplant en opbrengste is slegs ’ n paar van die faktore wat onsekerheid ( en dus prysvolatiliteit ) in die mark veroorsaak het . Die onlangse oorgang van die ou seisoen met lae voorraadvlakke na die nuwe seisoen met meer gunstige produksieverwagtings , is ’ n klinkklare bewys . Hierdie volatiele omstandighede bemoeilik goeie verskansings- en beleggingsbesluite vir alle markdeelnemers . Daar bestaan egter twee algemene hulpmiddels in die vorm van fundamentele analise en tegniese analise , wat sal bydra tot ’ n hoër waarskynlikheid van sukses wanneer so ’ n besluit oorweeg word .
Fundamentele analise en die basis van tegniese analise is reeds in vorige artikels bespreek . Die vorige paar artikels het gefokus op die gebruik van verskeie instrumente in tegniese analise om sodoende sekere besluite te kan neem . As ’ n reël , kan meeste tegniese indikatore meer akkuraat geïnterpreteer word in samewerking met die interpretasie van verhandelingsvolume en opebelang as indikator . Die vorige artikel het gefokus op volume , waar die onderstaande artikel die gebruik van opebelang as tegniese instrument bestudeer .
OKT / NOV 2017 • SENWES Scenario
OPEBELANG Opebelang kan gedefinieer word as die totale aantal oop kontrakte van ’ n spesifieke kommoditeit . Dus kan dit gesien word as ’ n maatstaf van markdeelnemers se belangstelling in die mark . Opebelang word wel hoofsaaklik gebruik in die termynmark , wat dan die opsiemark insluit . Hierdie syfer kan wel verlore gaan soos wat markdeelnemers fokus op die vele ander tegniese indikatore beskikbaar , ten spyte van die belangrike inligting wat opebelang as tegniese indikator inhou .
BELANGRIKHEID VAN OPEBELANG Soos reeds opgemerk , bestaan ’ n kontrak uit beide ’ n koper en verkoper . Die opebelangsyfer verteenwoordig die aantal kontrakte wat aan die einde van ’ n spesifieke verhandelingsessie oop is . Opebelang word bepaal deur die totale aantal kopers / verko pers in die mark te neem , en nie die somtotaal van die kopers en verkopers nie . Dus , indien beide die koper en verkoper van die kontrak nuwe toetreders tot die mark is , sal die opebelangsyfer styg met een . Die syfer sal daal met een in die geval waar beide die koper en verkoper uit die mark tree . Indien ‘ n koper ( verkoper ) uit die mark tree met die verkoper ( koper ) wat nuut tot die mark toetree , sal opebelang dieselfde bly .
’ n Toename in opebelang beteken in kort dat nuwe geld invloei in die mark in , met die gevolg dat die heersende primêre tendens volgehou sal word . Die teendeel is waar vir ’ n afname in opebelang , wat beteken dat kontrakte gelikwideer word en kontant uit die mark gehaal word . Dit dui verder op ’ n beëindiging van die huidige tendens . Dus kan opebelang gesien word as ’ n leidende indikator van ’ n moontlike tendensommekeer .
SLOT Deur slegs ’ n redelike begrip te hê van die bostaande inligting , is u reeds ’ n stappie voor die res . Dit is voordelig om tegniese ana lise met fundamentele analise te kombineer om sodoende die beste moontlike besluit te kan maak , aangesien ’ n breek deur ’ n langer termyn ondersteunings- of weerstandslyn gewoonlik gekoppel kan word aan fundamentele vraag- en aanbodfaktore wat verander .
Tegniese prysgrafieke bied analiste die geleentheid om die verhouding tussen vraag en aanbod visueel voor te stel en kan moontlike veranderings in hierdie verhou ding deur verskeie tegniese indikatore aangedui word . Die komende artikel fokus op die interpretasie van die wisselwerking tussen prys , volume en opebelang as ’ n kombinasie .
Vir meer inligting of om kompeterende opsiepryse op ’ n groot verskeidenheid kommoditeite te bekom , skakel gerus vir Susari Geldenhuys by 018 464 7430 of 072 116 9999 of e-pos haar by Susari . Geldenhuys @ senwes . co . za