Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 32

••••
NUUS
Die modeltrekker passie begin al van kleins af ! Wian Papenfus en Werner Erasmus se keuse is groen , John Deere groen .
Bothaville Senwesters Johan Papenfus ( verkoopsman ) en Luan du Toit ( onderdele bestuurder ) beman die John
Deere klerewa .

SAMTA : Die tuiste van modeltrekkers in SA

PRODUSENTE LEEF HULLE PASSIE UIT Die Suid-Afrikaanse Modeltrekker Assosiasie ( SAMTA ) vier vanjaar ’ n volle 28 jaar van passie vir modeltrekkers . Senwes Scenario het aan die einde van Augustus ’ n behoorlike trekkerdraai by hul derde saamtrek van 2017 by die Buenos Aires Trouvenue naby Bothaville gemaak .
Met baie modeltrekkers en amper net soveel entoesiaste vir dié stokperdjie teenwoordig , was dit as getroue Senwester goed om te sien dat John Deere ook onder die talle speelgoed te siene was .
Hier kry jy lekker pitkos met talle uitstallings van modelle te kies en te keur , asook hope trekkernuus en ’ n veiling van hoogstaande gehalte , asook een vir die kinders . Tydens die veiling is ’ n totaal van 117 items opgeveil . Die laaste was ’ n paar geskenkte hoede waarvan die opbrengs ten bate van die droogtehulpfonds vir die Wes-Kaap was .
Die bestuur vertel dat hier nie slegs modeltrekkerversamelaars is nie , maar ook lede wat model­
karre versamel . En nie almal is produsente nie . Hierdie manne het ’ n ongekende passie vir modeltrekkers met talle modelle van baie fabrikate wat hier uitgestal word .
PRODUSENTE EN SENWESTERS Baie lede is Senwes-produsente , wat van heinde en verre gereis het om die saamtrek by te woon . Onder hulle was die 2017 Vrystaat Jongboer van die Jaar , wat op die Junie / Julie voorblad gepryk het , Johan van Huyssteen , asook sy pa , Johan senior , ons fokusprodusent in die Oos-Kaap in die vorige uitgawe , Groen Karel Bezuidenhout van Elliot , Herman Cawood van Bothaville , die SAMTA voorsitter , Frans Jacobs van Theunissen en nog vele meer .
Daar is selfs Senwesters wat klublede is ! Graanbemarkingsadviseur , Johan Botha , is ’ n gekoöp teerde lid van die bestuur en Eddie Morrison , wapenkenner en hoof van winkelverkope by Bothaville , is ook ’ n lid . Selfs die John Deere-klerewa het tydens hierdie geleentheid uitgestal , met Bothaville Senwesters Johan Papenfus ( verkoopsman ) en Luan du Toit ( onderdelebestuurder ) wat die wa beman het .
MEER OOR SAMTA SAMTA is in 1989 gestig en het sowat 176 lede landswyd met baie wat hier teenwoordig was . Frans Jacobs is die voorsitter en hulle moes onlangs afskeid neem van die sekretaris , Jeep Veenstra . Die klub vergader vier keer ’ n jaar en die jaargelde beloop R100 per lid , met R200 ekstra indien jy elke keer ’ n kopie van Mini- Trekker Nuus wil ontvang . Hoewel baie dink dat hulle simpel is , sê Jacobs : “ Ons is ’ n lekker groep mense met dieselfde passie en doel voor oë .”
Vir meer inligting oor die klub of indien jy by hierdie klub wil aansluit , kontak Frans Jacobs ( voorsitter ) by 082 921 2520 , Dirk de Koster ( vise-voorsitter en veilingmeester ) by 082 566 1445 of Johan Botha ( gekoöpteerde lid ) by 083 301 8933 .
Die bestuur van SAMTA is Frans Jacobs ( voorsitter ), Johan Botha ( gekoöpteerde lid ), Dirk de Koster ( visevoorsitter en veilingmeester ), Chris Alers ( gekoöpteerde lid : Mini-Trekker Nuus ) en Stephan Wium ( gekoöpteerde lid : veilings en administrasie ) met Thinus de Mon ( gekoöpteerde lid : veilings en administrasie ) wat afwesig was met die neem van die foto .
30
OKT / NOV 2017 • SENWES Scenario